Georgië kan Italië in Sesnasies nie meer sluk

georgieDie meermalige tweedevlak- Europese kampioen, Georgië, kan Italië se verskanste posisie in Europa se senior reeks, dié om die Sesnasieskroon nie langer sluk nie.

Georgië oorheers die vasteland se reeks net onder die Sesnasies reeds die afgelope tien jaar, maar die topreeks se reëls voorsien nie vir op- of afskuiwing nie.

Wat die Lelos veral keelvol maak, is die feit day hulle nou 12de op Wêreldrugby se ranglys is, terwyl Italië – in weerwil van sy Novembersege teen die Springbokke – slegs 14de op die lys is.

Berigte in die oorsese media dui daarop dat die gewestelike beheerliggaam, Rugby Europa (RE), binnekort formeel sal versoek dat die Sesnasiesreeks vir promosie en relegasie voorsien.

Hoewel RE rugby op dié vasteland beheer, het hy geen sê in die Sesnasiesreeks nie, wat `n sakeonderneming is, en gevestigde belange beskerm.

Sterk geluide ten opsigte van oopstelling kom sedert verlede jaar uit Georgië en Roemenië, die twee topspanne op die tweede vlak, nadat Italië nog nooit hond haar-af in die reeks kon maak nie.

`n Siniese joernalis het destyds opgemerk die inkopietog Rome toe is te belangrik vir die Sesnasiebase se vrouens om eers aan die uitsluiting van Italië te dink.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

JC ·

Ja nee, gee Georgie sy verdiende plek in die 6 Nasies!!!!
BAIE beter span, en rugby kultuur, as die Italianers, wat eerder by assosiasie voetbal moet bly.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.