Germishuys druk wéér in Amerikaanse geldliga

Hanco Germishuys – drie. (Foto: Facebook)

Hanco Germishuys het die tweede opeenvolgende wedstryd ʼn drie gedruk toe sy span, Austin Elite, in Senior Liga Rugby (MLR) met 38-50 teen Houston Sabercats verloor het.

Die gewese o.13-Cravenweekspeler van Griekwas, wat Saterdag op agsteman uitgedraf het, het gaan druk nadat hy ʼn dwarsskop opgevolg het.

Germishuys (dié keer as flank) en die oud-Pretorianer JP Eloff (NOLA Gold, binnesenter) is ná die eerste weekronde deur die webwerf Americas Rugby News in sy MLR-span van die week ingesluit.

♦ Glendale Raptors, wat deur die Amerikaanse toetsskrumskakel Shaun Davies, ʼn produk van Glenwood Boys High, Durban, aangevoer word, het Seattle Seawolves in ʼn klipharde stryd met 19-15 getroef.

♦ San Diego Legion, met twee Suid-Afrikaners in die span, het sy veldslag teen Utah Warriors met 31-24 gewen.

JP du Plessis (senter) het Superrugby vir, onder meer, die Kings gespeel, en Lance Lamprecht (bankflank) het verlede jaar nog o.19-rugby vir die Sharks gespeel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.