Geskiedenis wys hoe moeilik dit vir die Lions sal wees

Hoe langer dit aanhou, hoe gouer sal dit ophou.

Dit is uit dié optimistiese stelling wat die Lions Saterdag hul moed vir ʼn oorwinning moet put, want die geskiedenis vertel die verhaal van ʼn oënskynlike onmoontlikheid dat die Crusaders die Superrugby-eindstryd in Christchurch sal verloor.

Nog net die Crusaders kon in die 22 jaar van Superrugby ʼn oorsese eindstrydoorwinning tussen spanne van Suid-Afrika en die Australasiese spanne behaal.

Dit was verlede jaar teen die Lions op Ellispark, teen 14 man ná die afstuur van Kwagga Smith, en dit onderstreep net hoe moeilik dit is om ná ʼn halfeindstryd tuis binne ʼn week oorsee te gaan speel.

Kyk waarteen die Lions Saterdag te staan kom:

♦ Die Crusaders het tot dusver ál 20 hul uitspeelwedstryde op hul tuisveld gewen.

♦ Geen Suid-Afrikaanse span kon nog in 22 jaar ʼn uitspeelwedstryd in Nieu-Seeland wen nie.

♦ Die Lions het sedert 2009 nege keer teen die Crusaders gespeel en agt keer verloor.

Hulle sal seker moed put daaruit dat hul drie beste uitslae in die laaste drie kragmetings was: verlede jaar in die eindstryd (verloor met agt punte, 17-25, in Johannesburg) en in Maart vanjaar (verloor met ses punte, 8-14, in Christchurch) met die enigste oorwinning in 2016, 42-25 in Johannesburg.

♦ Die Nieu-Seelandse span het die Lions in vanjaar se ligabepalings in die belangrikste fasette van die spel oorskadu.

Van die vernaamste riglyne in dié verband is hul suksesvolle verdedigingspersentasie van 84,4% ‒ die tweede beste; die Lions s’n is op 82,2% tiende, oftewel die vierde swakste van die 15 spanne.

Die Crusaders het die lyn 242 keer gebreek, die Lions 201 keer; en hul skrumsukses staan op 93% teenoor die Lions se 91%.

In drie opsigte was die Lions egter beter daaraan toe. Hul lynstaansukses van 90,5% is die beste, dié van die Crusaders 86,4% slegs die tiende beste van die 15 spanne.

Terwyl die twee eindstrydspanne in die ligafase albei 77 drieë gedruk het, het die Crusaders net 39 afgestaan, die Lions ʼn allemintige 55. Ná die twee uitspeelwedstryde het die Lions egter die seisoen 87 drieë teenoor 86 gedruk, maar ʼn totaal van 61 afgestaan teenoor die Crusaders se 42.

Die Lions het ook die meeste keer hul teenstanders man teen man geklop (487 keer teenoor 428).

Daar is egter ook die gesegde dat wen ʼn gewoonte word. Die Crusaders het in hul laaste 18 wedstryde, insluitend die twee uitspeelwedstryde, nie ʼn enkele keer verloor nie nadat hulle in Maart twee keer opeenvolgend pak gekry het.

Die Lions het van hul laaste sewe wedstryde, insluitend die twee uitspeelwedstryde, twee verloor en sewe keer in die ligaronde pak gekry teenoor genoemde twee van die Crusaders.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Jack Russl ·

Die Leeus het in die 2016 uitspeel rondtes teen die Crusaders gewen op Ellis Park, 42-25. Dus het hulle al teen die Crusaders gewen sedert 2009 en nie 9 keer verloor nie

Tania Heyns ·

Dagsê Jack Russl

Dankie vir jou kommentaar. Ons vra om verskoning vir die oorsig, die berig is reeds gewysig.

Groetnis
Tania nms Maroela Media

nico k ·

Die Leeus het teen beide die Jaquares en die Waratahs die skrums heeltemal oorheers en dit is daar waar hulle beide daardie wedstryde gewen het. Die Crusaders het egter self ‘n uitstekende pak en ons sal moet sien of die Leeus kan wen as hulle pak nie oorheers nie.

Salamander ·

Die game word nie op papier of in die verlede gespeel nie

botha's ·

net hul geloof het hul klaar n wenspan gebou en sal die oorwinning more oggend seevier…

Lewies ·

Ek lees al die hele week lank hoe die leeus nie n kans staan nie. Hoe hulle met 20 punte gaan verloor. stem saam die game word op gras gespeel en tussen 4 lyne en die verlede is die verlede. Hulle kan wen en n nuwe stukkie kan geskryf word. Ek wens die manne alle sterkte toe gaan uit en speel die game. Die crusaders is ook net mense. Kom more hulle gaan n ander leeu span sien. Sien ook net die bulls en stormers wena die leeus sterkte toe die res is maar seker vol suur wyn. Good luck lions

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.