Gesogte toekenning wink vir Pieter-Steph

(Foto: GB Jordaan)

Wat het Pieter-Steph du Toit, Thierry Dusautoir, Johnny Sexton, Richie McCaw, Dan Carter, Kieran Read, Brodie Retallick en Beauden Barrett gemeen?

Benewens die feit dat hulle almal rugbyspelers is, is elkeen ook vir Wêreldrugby se speler van die dekade- toekenning benoem.

Rugbyliefhebbers kan op Wêreldrugby se amptelike webtuiste vir hul gunsteling-speler stem om met die louere weg te stap.

Du Toit is ongetwyfeld een van die bestes ter wêreld en die vertoonkas in sy huis behoort al te kreun onder die gewig van al sy toekennings.

Pas nadat hy as Wêreldrugby se 2019 speler van die jaar aangewys is, het hy ook in Januarie met die louere tydens SA Rugby se toekenningsaand weggestap.

In die proses het hy slegs die derde Suid-Afrikaanse speler geword – saam met Naas Botha en Bryan Habana – om drie keer met die titel as Suid-Afrika se speler van die jaar weg te stap.

Wêreldrugby het ook nou vir Cecil Afrika, Werner Kok en Seabelo Senatla in sy sewesspeler van die dekade-kategorie benoem, terwyl Bryan Habana (teen Nieu-Seeland in 2012) en Francois Hougaard (ook teen Nieu-Seeland, maar in 2014) se drieë onder die beste van die afgelope tien jaar tel.

Ondersteuners kan tot 25 Oktober vir hul gunsteling stem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Oros Soros ·

En die wenner: Richie McCaw, het die RWB 2 keer as kaptein omhoog gehou en was 3x Wêreld rugby speler van die jaar. Die Rugbyampioenskap titels van die All Blacks, die Crusaders se Super Rugby titels kan ook hier by begevoeg word sowel as die All Blacks se ongehoorde oorheersing van rugby in die tydperk.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.