Gewese Blitsbok se kordaatstuk skiet te kort

Die kordaatstuk van ʼn gewese Blitsbok in die Italiaanse Super 10-liga se eindstryd kon nie keer dat sy (en Naas Botha se ou) span as die kampioen onttroon is nie.

Vier strafdoele deur Stefan Basson het die verdedigende Italiaanse klubkampioen, Rovigo, binne 25 minute met 12-0 laat voorloop.

Hy het uiteindelik 17 punte met vyf strafdoele en ʼn doelskop bygedra, maar Calvisano het die wedstryd en die titel op die ou end met 43-29 gewen.

Basson het die afgelope paar jaar ʼn wesenlike rol in die klub, waarvoor die legendariese Naas Botha ook op sy dag gespeel het, se sukses gespeel.

Spaanse Liga van Eer

♦ VRAC Quesnos Entrepinares het die Spaanse Liga van Eer gewen deur Silverstorm El Salvador met 15-6 te klop.

Hansie Graaff, ʼn gewese Curriebeker-losskakel van die Griffons en die SWD Arende het al ses die verloorspan se punte met twee strafdoele behaal.

Tussen die manne wat die vonkelwyn geskink het, was JW Bell (heelagter), wat Superrugby vir die Lions gespeel het, en Ferdi Horn (slot), wat Boland in die Curriebekerreeks verteenwoordig het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.