Gewese Puma verniel Japanners met die skoen

JC Roos – 18 punte. (Foto: Steval Pumas)

ʼn Gewese speler van die Pumas het Saterdag in die Japanse top-liga sy span se teenstanders met die skoen verniel.

JC Roos het 18 punte tot Canon Eagles se sege van 33-29 oor Coca-Cola Red Sparks bygedra.

Die losskakel het met drie doelskoppe, drie strafdoele en ʼn skepdoel geslaag.

Coenie van Wyk, wat Superrugby vir die Lions en die Cheetahs gespeel het, het nege punte vir Toshiba Fuchu Brave Lupus in sy stryd teen Toyota Shokki Shuttle aangeteken.

Hy het ʼn drie gedruk en met twee doelskoppe geslaag en Lupus het met 19-17 gewen.

Die Springbok Andries Bekker, plaasvervangerslot, het die Kobelco Steelers se sege van 38-19 oor Yamaha Jubilo afgerond deur hul sesde drie in die 80ste minuut van die wedstryd te druk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.