Gewigtige besluit wag op Lichtenburg

Tjaart Benadé - speler van 2016.

Tjaart Benadé – speler van 2016.

`n Gewigtige besluit wag vanjaar op die bestuur en afrigters van Lichthenburg, wat verlede jaar die A-afdeling van die Luiperds se Neserliga gewen het.

Darius Venter, die kampioen se hoofafrigter, sê daar moet besluit word of hy in die Neserliga bly en sy titel verdedig – “wat seker die regte besluit is” – en of hy aan die sterker Griffons-Luiperdsoorgrensliga gaan deelneem.

Die Luiperdsklubs Vaal Reefs en Klerksdorp neem sedert verlede jaar aan dié liga deel.

“`n Finale besluit is nog nie geneem nie, en sal daar op `n latere staduim meer duidelikheid daaroor wees,” het Venter aan Pale Toe! gesê.

Die losskakel Tjaart Benadé was verlede jaar Lichtenburg se speler van die jaar, maar verder wil Venter nie spelers uitsonder nie.

“Die klub is die afgelope twee seisoene met baie talentvolle spelers geseën en het lanklaas met soveel belowende jong bloed gesit.”

Lichtenburg was goed verteenwoordig (tien spelers) in die Luiperds-plattelandspan wat sedert 2014 onoorwonne is. Stephno Jansen van Vuuren het vir die bond se amateurspan gespeel.

Ná die baie sukesvolle 2016-seisoen is die bestuur en afrigters herkies, met Woenie Viljoen steeds die klub se president, en Venter en Henkie Rall die eerste span se afrigters.

Die res van die bestuur is Janke Kleynhans (voorsitter), Deon Helberg (ondervoorsitter), Marietjie Burger (sekretaresse en tesourier), Tjaart Benadé (bestuurder eerste span); Arrie Alberts (afrigter tweede span), en Charles Wiggill (bestuurder tweede span).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.