Ghana verower Rugby Afrika se Bronsbeker

Ghana het Saterdag in sy hoofstad, Accra, Rugby Afrika se Bronsbeker verower.

Hy het Mauritius in ʼn strawwe kragmeting met 23-17 verslaan, nadat hy rustyd met 8-5 voor was.

Ghana het in sy vorige wedstryd Rwanda met 57-0 gestoomroller.

Dié Wes-Afrikaanse land, wat die afgelope klompie jaar merkwaardig op die rugbyveld gevorder het, sal aanstaande jaar in die reeks om die Silwerbeker meeding.

Mauritius se vroeëre sege van 49-16 oor Lesotho het die tweede plek aan hom besorg.

Rwanda was derde nadat hy Lesotho met 32-22 verslaan het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.