Ghana het Saterdag seker gemaak dat hy Rugby Afrika (RA) se Streekreeks Wes 1 wen toe hy Togo in Accra geklop het.
Die Arende het die wedstryd met 10-0 gewen, nadat hulle vroeër met 46-5 met Benin klaargespeel het.
Benin het op sy beurt van die tweede plek seker gemaak deur Togo met 14-12 te klop.
♦ Zambië het vroeër in Lusaka die RA se Bronsbeker (Suid) gewen.
Die tuisspan het eers Mauritius met 69-3 en toe Rwanda met 92-3 verniel.
Rwanda het die tweede plek ingeneem deur Mauritius met 24-12 te klop.