Glips ‘kos’ ouboet amper sy toetsplek

Ruan en Adriaan Ludick – speel dalk saam vir hul land. (Foto: Instagram)

Dit het rugbyondersteuners nogal skeef laat opkyk toe ʼn Namibiese toetsslot met tien toetse agter sy naam Donderdag “weggelaat” is uit die groep vir die land se November-toetse teen Uruguay.

Ruan Ludick (23) se naam was nie daar nie, maar wel dié van sy kleinboet Adriaan (19), ook ʼn slot.

Hoewel Adriaan vroeër vanjaar op Madagaskar vir Namibië se o.20-span gespeel het, is daar tog gewonder of die name nie dalk per ongeluk omgeruil is nie.

Wat sou Ruan, wat die afgelope Britse rugbyseisoen Wallis toe gestuur is om hom verder te slyp, dan gesondig het om sy plek te verloor?

Toe, Vrydag, kom die antwoord.

Die Namibiese Rugbyunie laat weet Ruan se naam is per abuis weggelaat, en moet by die groep gevoeg word.

By die gemoedsrus vir Ruan en sy ondersteuners, is daar nou ook die vooruitsig vir die twee broers om dalk saam vir hul land in die skrum te sak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.