GLRU-liga: dit lyk na die Pukke en Raiders

Ná vyf weekrondes in die Goue Leeus-rugbyunie (GLRU) se reeks om die Pirates-grootuitdaagbeker (PGU) afgehandel is, lyk dit of die NWU Pukke en Raiders die spanne is om dop te hou.

Nie een van die twee is al geklop nie, en albei het volpunte (25) op die punteleer.

Die verdedigende kampioen, die Universiteit van Johannesburg (UJ), en verlede jaar se Goue Bekerklub, Pirates, het elkeen al twee keer slae gekry.

Pirates het 16 ligapunte en UJ 15, wat hulle onderskeidelik derde en vierde plaas.

Die Pukke het Randfontein Saterdag met 76-5 oorrompel; Raiders het Wanderers met 55-19 gestroop; Pirates het Roodepoort met 85-0 verniel; en UJ het ongemaklik skraal met 24-17 teen Wits gewen.

Stokkies du Plessis van Pirates, met 77, is die voorste puntemaker in Groep 1. Die NWU Pukke se Hendrik Mulder en Diederik Oberholzer het elk tot dusver 56 punte aangeteken.

Oberholzer (ses), Rudi Marx van Randfontein (vier) en Mulder (drie) is die voorste driedrukkers.

Vierhoekige stryd

♦ Groep 2 stuur op ʼn vierhoekige stryd tussen Johannesburg Polisie (18 ligapunte), Alberton, Germiston Simmer en Harlequins (almal 14) af. Quins het ʼn wedstryd meer as die res gespeel.

Polisie het Saterdag met 67-18 met Soweto Eagles klaargespeel; Simmer het met 22-18 met Alberton afgereken; en Quins het Unie met 31-12 verslaan.

♦ Tshuma Stingers van Midrand is ná twee wedstryde onoorwonne in die Senior Grootuitdaagreeks (SGU) nadat hy Saterdag met 14-0 met die voorloper, Southern Knights, afgereken het.

Knights het tien ligapunte, en Stingers (tweede) en Alexandra Wolves (derde) agt elk.

♦ Dana van Vuuren, die voorsitter van Randfontein, laat weet dit was weer ʼn moeilike naweek vir die Teine.

“Die universiteite bly maar in ʼn ander klas,” het hy die NWU Pukke se vertoning opgesom.

Hy het daarop gewys dat baie spelers knie- en nekbeserings opgedoen het.

Die Pukke se tweede span het met 29-0 gewen, die derde met 96-0, die o.21 met 72-14, en die o.19 met 50-0.

Ander uitslae –

Pirates-grootuitdaagbeker

Tweede spanne

Pirates 98, Roodepoort 0; UJ 27, Wits 5; Raiders 33, Wanderers 7; Polisie 76, Eagles 0; Alberton 49, Simmer 12; Unie 31, Quins 14.

Derde spanne

Pirates 41, Roodepoort 0, UJ 19, Wits 7; Raiders 29, Wanderers 12; Polisie 28, Eagles 0; Alberton 22, Simmer 19; Quins 33, Unie 14.

Onder 21-spanne

Pirates 50, Roodepoort 12; UJ 56, Wits 5; Raiders 27, Wanderers 14; Eagles 17, Polisie 8; Alberton 21, Simmer 0; Unie 50, Quins 17.

Onder 19-spanne

Pirates 40, Roodepoort 12; UJ 17, Wits 12; Wanders 55, Raiders 10; Polisie 19, Eagles 5; Unie 50, Quins 40.

Senior Grootuitdaagbeker

Eerste spanne

Kagiso 21, Eldoronians 7.

Onder 20-spanne

Kagiso 7, Eldoronians 7; Stingers 28, Knights 28.

Opgesomde punteleer –

Pirates-grootuitdaagbeker

Groep 1

Eerste spanne

Pukke 25, Raiders 25, Pirates 16, UJ 15, Wits 13, Randfontein 6, Wanderers 5, Roodepoort 1.

Tweede spanne

Pukke 21, UJ 21, Raiders 20, Pirates 19, Randfontein 9, Wanderers 6, Wits 5, Roodepoort 0.

Derde spanne

Pukke 25, Raiders 24, Wanderers 19, Pirates 12, Randfontein 10, UJ 6, Wits 6, Roodepoort 0.

Onder 21-spanne

Pukke 25, UJ 20, Wits 15, Pirates 15, Raiders 10, Roodepoort 6, Randfontein 5, Wanderers 1.

Onder 19-spanne

UJ 21, Pukke 20, Pirates 18, Wits 17, Wanderers 13, Roodepoort 5, Randfontein 5, Raiders 0.

Groep 2

Eerste spanne

Polisie 18, Alberton 14, Simmer 14, Quins 14, Unie 7, Diggers 6, Eagles 1.

Tweede spanne

Alberton 20, Polisie 20, Diggers 13, Unie 10, Simmer 5, Eagles 4, Quins 1.

Derde spanne

Quins 25, Polisie 20, Unie 12, Alberton 10, Simmer 6, Diggers 5, Eagles o.

Onder 21-spanne

Alberton 19, Diggers 15, Unie 15, Eagles 5, Quins 5, Simmer 4, Polisie 6.

Onder 19-spanne

Quins 20, Alberton 15, Unie 10, Polisie 9, Eagles 5, Simmer 4, Diggers 1.

Senior Grootuitdaag

Eerste spanne

Knights 10, Stingers 8, Wolves 8, Kagiso 5, Eldoronians 1.

Tweede spanne

Kagiso 5, Wolves 0.

Onder 20-spanne

Wolves 15, Knights 13, Stingers 3, Kagiso 2, Eldoronians 2.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.