GLRU-liga: geen keer aan voorste spanne nie

Daar is steeds geen keer aan die voorste spanne in die Goue Leeus-rugbyunie (GLRU) se reeks om die Pirates-grootuitdaagbeker (PGU) nie.

Raiders het met 62-20 teen Roodepoort gewen; die Universiteit van Johannesburg (UJ) het met 54-19 teen Randfontein gewen; en die NWU Pukke was met 28-0 teen die Universiteit van die Witwatersrand baas.

Pirates het in ʼn mate die wind van voor teen Wanderers gekry, maar darem op die ou end met 26-23 gewen.

In die reeks om die Bailybeker het Germiston Simmer met 31-20 teen Diggers gewen; Harlequins van die Wes-Rand het met 41-11 teen die Soweto Eagles gewen; en Unie en Alberton het met 15-15 gelykop gespeel.

Ander uitslae –

PGU

Tweede spanne

Pirates 47, Wanderers 14; UJ 68, Randfontein 0; Pukke 28, Wits 0; Raiders 46, Roodepoort 7.

Derde spanne

Pirates 30, Wanderers 19, UJ 38, Randfontein 5; Pukke 28, Wits 0; Raiders 43, Roodepoort 19.

Onder 21-spanne

Pirates 38, Wanderers 14; UJ 28, Randfontein 0; Raiders 38, Roodepoort 0.

Onder 19-spanne

Wanderers 7, Pirates 0; UJ 28, Randfontein 0; Roodepoort 45, Raiders 25.

Bailybeker

Tweede spanne

Unie 5, Alberton 0; Diggers 41, Simmer 0; Quins 27, Soweto 0.

Derde spanne

Alberton 29, Unie 27; Simmer 50, Diggers 17; Quins 28, Eagles 0.

Onder 21-spanne

Unie 27, Alberton 7; Diggers 24, Simmer 23; Soweto 36, Quins 27.

Onder 19-spanne

Alberton 41, Unie 0; Simmer 44, Diggers 24.

Opgesomde punteleer –

PGU

Eerste spanne

Pukke 42, UJ 37, Raiders 35, Pirates 33, Wits 33, Wanderers 10, Randfontein 9, Roodepoort 6.

Tweede spanne

UJ 45, Raiders 35, Pirates 34, Pukke 33, Wits 20, Randfontein 11, Wanderers 10, Roodepoort 5.

Derde spanne

Pukke 49, Raiders 35, Wanderers 29, Pirates 26, UJ 21, Wits 16, Randfontein 12, Roodepoort 5.

Onder 21-spanne

Pukke 45, UJ 45, Wits 35, Raiders 23, Pirates 23, Randfontein 12, Roodepoort 11, Wanderers 1.

Onder 19-spanne

Pukke 45, UJ 44, Wits 38, Wanderers 22, Pirates 19, Roodepoort 15, Randfontein 9, Raiders 1.

Bailybeker

Eerste spanne

Simmer 30, Johannesburg Polisie 27, Alberton 22, Quins 20, Diggers 13, Unie 5, Soweto 1.

Tweede spanne

Alberton 30, Polisie 27, Diggers 23, Simmer 14, Unie 9, Quins 9, Soweto 4.

Derde spanne

Quins 35, Polisie 30, Alberton 20, Simmer 16, Diggers 10, Unie 9, Soweto 0.

Onder 21-spanne

Alberton 28, Diggers 28, Unie 18, Simmer 11, Soweto 10, Polisie 7, Quins 6.

Onder 19-spanne

Alberton 35, Quins 25, Soweto 12, Polisie 11, Simmer 9, Unie 5, Diggers 4.

Senior Grootuitdaagreeks

Eerste spanne

Southern Knights 20, Tshuma Stingers 17, Alexandra Wolves 8, Kagiso 5, Eldoronians 1.

Tweede spanne

Kagiso 5, Alexandra 0.

Onder 20-spanne

Alexandra 23, Knights 17, Eldoronians 6, Stingers 5, Kagiso 4.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.