GLRU-liga: kampioen, GB-span kry slae in reeks

Beide die Goue Leeus se klubkampioen en die span wat die bond in die afgelope internasionale reeks om die Goue Beker verteenwoordig het, het slae gekry in vanjaar se eerste ronde van die Pirates-grootuitdaagreeks.

Die NWU Pukke het die verdedigende kampioen, die Universiteit van Johannesburg (UJ), in Groep 1 oortuigend met 29-18 geklop; en Raiders het Pirates, verlede jaar se naaswenner en die afgelope twee jaar die bond se voorste oop klub, met 25-22 getroef.

Die houer van die Senior Grootuitdaagbeker, Germiston Simmer, het in Groep 2 met 33-12 teen Diggers gewen, nadat hy die Randburgse klub in verlede jaar se strawwe eindstryd tussen die twee net met 24-21 kon baasraak.

Wat die ander wedstryde in Groep 1 betref, het die Universiteit van die Witwatersrand met 34-14 teen Wanderers gewen; en Randfontein het Roodepoort met 29-10 uitgestof.

In Groep 2 het Harlequins die Soweto Eagles met 45-26 afgeransel; en Alberton het met 15-8 teen Unie gewen.

Ander uitslae –

Tweede spanne

Groep 1

Raiders 35, Pirates 13; Wits 14, Wanderers 9; Randfontein 24, Roodepoort 12; NWU Pukke 42, UJ 24.

Groep 2

Alberton 34, Unie 3; Diggers 17, Simmer 6; Eagles 15, Quins 12.

Derde spanne

Groep 1

Raiders 12, Pirates 5; Wanderers 55, Wits 31; Randfontein 37, Roodepoort 5; NWU Pukke 90, UJ 0.

Groep 2

Unie 27, Alberton 0; Simmer 26, Diggers 7; Quins 28, Eagles 0.

Onder 21-spanne

Groep 1

Wits 52, Wanderers 14; Randfontein 45, Roodepoort 22; UJ 33, NWU Pukke 21.

(Die wedstryd tussen Pirates en Raiders is met wedersydse instemming uitgestel omrede Raiders se toer Natal toe.)

Groep 2

Alberton 48, Unie 12; Diggers 24, Simmer 14; Quins 47, Eagles 22.

Onder 19-spanne

Groep 1

Pirates 48, Raiders 0; Wits 41, Wanderers 13; Randfontein 33, Roodepoort 0; UJ 33, NWU Pukke 31.

Groep 2

Alberton 50, Unie 22; Simmer 15, Diggers 10; Quins 77, Eagles 0.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.