GLRU-liga: min kans vir Poorte om te verlustig

Roodepoort kry nie juis kans om hom te verlustig daarin dat hy Saterdag die relegasiespook in die Goue Leeus-rugbyunie (GLRU) se Pirates-grootuitdaagreeks (PGU) besweer het nie.

Hy kry sommer in sy eersvolgende wedstryd komende Saterdag met die vuurwarm Raiders te doen, die span wat lyk of hy die breedste tussen enige ander aanspraakmaker en die titel staan.

Die Poorte het drie van hul vyf wedstryde teen die uitdager, Johannesburg Polisie, gewen.

Die eerste span het met 28-0 gewen, die o.21-span met 37-5 en die o.19-span met 54-0. Die Bobbies se tweede span het met 24-17 en die derde met 38-0 gewen.

Dit het Roodepoort 10 en Polisie 14 punte besorg kragtens die formule waarvolgens die span met die minste punte wen.

Die Poorte bly gevolglik in Groep 1 en die Bobbies in Groep 2.

Ander uitslae –

PGU

Eerste spanne

UJ 26, Wits 17; NWU Pukke 36, Randfontein 28.

Tweede spanne

UJ 56, Wits 0; NWU Pukke 52, Randfontein 7.

Derde spanne

UJ 52, Wits 12; Pukke 50, Randfontein 26.

Onder 21-spanne

UJ 55, Wits 12; Pukke 73, Randfontein 12.

Onder 19-spanne

UJ 25, Wits 23; Pukke 28, Randfontein 0.

Saterdag se ander wedstyde –

UJ teen Randfontein; Pukke teen Wits; Unie teen Alberton; Germiston Simmer teen Diggers; Soweto Eagles teen Harlequins.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.