Rugbykykers in die Goue Leeus-rugbyunie (GLRU) se Pirates-grootuitdaagliga se Top6 word op lekker naelbytrugby in die pylvak van die reeks getrakteer.
Met die studente nog met vakansie het die voorlopers Pirates en Raiders mekaar Saterdag deeglik opgekeil, en het eersgenoemde die wedstryd op laasgenoemde se veld op die ou end 25-24 gewen.
Tussen die onderste vyf in die reeks het Randfontein 64-15 teen Alberton gewen; en Johannesburg Polisie het Unie 52-17 geklop.
In die reeks om die Senior Grootuitdaagbeker het die voorlopers amok gemaak.
Diggers het Khosa 80-0 verniel, en Germiston Simmer het Midrand Stingers 57-5 oorrompel.
Ander uitslae –
Pirates-grootuitdaagbeker
Tweede spanne
Raiders 26, Pirates 22; Randfontein 43, Alberton 10; Polisie 17, Unie 14.
Derde spanne
Pirates 26, Raiders 17; Randfontein 33, Alberton 8; Unie 37, Polisie 5.
O.21-spanne
Raiders 47, Pirates 17; Alberton 14, Randfontein 12; Polisie 28, Unie 0.
O.20-spanne
Pirates 54, Raiders 17; Alberton 5, Randfontein 5; Polisie 28, Unie 0.
Senior Grootuitdaagbeker
Tweede spanne
Simmer 71, Stingers 5; Diggers 27, Khosa 3.
O.20-spanne
Simmer 28, Stingers 0; Diggers 34, Khosa 5.