GLRU-liga: NWU Pukke oorheers PGU-afdelings

Die NWU Pukke oorheers die Goue Leeus-rugbyunie (GLRU) se Pirates-grootuitdaagliga (PGU), en loop ná Saterdag se kragmetings voor in vier van die vyf afdelings.

Slegs die studente se tweede span is nie boaan die punteleer in sy afdeling nie.

Die eerste span het 42 ligapunte, twee meer as die tweede geplaaste Raiders; die derde span is `n volle nege punte voor Raiders; die o.21-span het nes die Universiteit van Johannesburg (UJ) 45 punte, maar het ’n beter batige punteverskil; en die o.19 span het 45 teenoor UJ se 44.

UJ se tweede span loop met 45 voor in dié afdeling, en Raiders is tweede.

Wat die Bailybeker betref, het Alberton die oorhand in drie van die vyf afdelings, maar wat die eerste spanne betref, is Germiston Simmer die voorloper met 35 ligapunte teenoor Johannesburg Polisie se 29.

Alberton loop voor in die afdelings vir tweede spanne (35 teenoor Polisie se 32), o.21-spanne (33 teenoor Diggers se 28), en o.19-spanne (40 teenoor Harlequins se 30).

Quins se derde span loop voor met 40 punte. Polisie III het 35.

♦ In die PGU het Pirates Saterdag in die enigste wedstryd met 29-8 teen Randfontein gewen.

Wanderers het al sy spanne teen Raiders onttrek, en die GLRU het strafmaatreëls teen hom geneem.

Simmer het Polisie, sy sterkse uitdager in die reeks om die Bailybeker, met 33-32 getroef. Alberton het Soweto met 50-8 oorrompel, en Diggers het met 34-12 teen Quins oorheers.

Ander uitslae –

PGU

Derde spanne

Pirates 33, Randfontein 0.

Onder 21-spanne

Pirates 13, Randfontein 12.

Onder 19-spanne

Pirates 43, Randfontein 7.

Bailybeker

Tweede spanne

Polisie 45, Simmer 22; Alberton 72, Soweto 8; Digger 73, Quins 5.

Derde spanne

Polisie 46, Simmer 7; Alberton 28, Soweto 0; Quins 50, Diggers 7.

Onder 21-spanne

Simmer 24, Polisie 7; Alberton 86, Soweto 0.

Onder 19-spanne

Simmer 31, Polisie 19; Alberton 55, Soweto 7; Quins 52, Diggers 15.

Opgesonde punteleer –

PGU

Eerste spanne

Pukke 42, Raiders 40, Pirates 38, UJ 37, Wits 33, Randfontein 9, Roodepoort 6, Wanderers 5.

Tweede spanne

UJ 45, Raiders 40, Pirates 39, Pukke 33, Wits 20, Randfontein 11, Wanderers 5, Roodepoort 5.

Derde spanne

Pukke 49, Raiders 40, Pirates 31, Wanderers 24, UJ 21, Wits 16, Randfontein 12, Roodepoort 5.

Onder 21-spanne

Pukke 45, UJ 45, Wits 35, Raiders 28, Pirates 28, Randfontein 13, Roodepoort 11, Wanderers -4.

Onder 19-spanne

Pukke 45, UJ 44, Wits 38, Pirates 24. Wanderers 17, Roodepoort 15, Randfontein 19, Raiders 6.

Bailybeker

Eerste spanne

Simmer 35, Polisie 29, Alberton 27, Quins 20, Diggers 18, Unie 5, Soweto Eagles 1.

Tweede spanne

Alberton 35, Polisie 32, Diggers 28, Simmer 15, Unie 9, Quins 9, Soweto 4.

Derde spanne

Quins 40, Polisie 35, Alberton 25, Simmer 16, Diggers 10, Unie 9, Soweto 0.

Onder 21-spanne

Alberton 33, Diggers 28, Unie 18, Simmer 16, Soweto 10, Polisie 7, Quins 6.

Onder 19-spanne

Alberton 40, Quins 30, Simmer 14, Soweto 12, Polisie 11, Unie 5, Diggers 4.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.