GLRU-liga: Pirates en Poorte die trekpleister

GLRUDie wedstryd tussen Pirates en Roodepoort is die grootste trekpleister wanneer die Goue Leeus-rugbyunie (GLRU) se Pirates-grootuitdaagreeks Saterdag afskop.

Eersgenoemde is die bond se sterkste oop klub en verteenwoordig die Leeus vanjaar in die nasionale reeks om die Goue Beker, terwyl die Poorte met `n doelgerigte heropbou begin het om die klub se eertydse glorie te herwin.

Hulle speel op die Seerowers se veld in Greenside.

Die meeste bepalings gaan voort soos geskeduleer nadat die studenteklubs besluit het om hul bepalings na te kom ongeag hul eerste spanne se deelname aan die Varsityreekse.

Die Universiteit van Johannesburg (UJ) behoort weg steeds heeltemal te sterk vir Alberton te wees, en Johannesburg Polisie sal hoop die Witsies gee die spelers wat die Varsityskild gewen het `n blaaskans as die twee spanne op Markspark kragte meet.

Dit sal interessant wees om te sien hoe Raiders en Randfontein in die nuwe seisoen teen mekaar opweeg. Hulle speel in die Bill Jardinestadion in Industria.

Wanderers behoort Unie maklik op laasgenoemde se veld te klop.

♦ In die Senior Grootuitdaagreeks het Germiston `n harde neut om te kraak as hy verlede jaar se naaswenner, Harlequins, in Krugersdorp gaan aandurf. Wat `n tuiswedstryd sou wees, is nou `n wegwedstryd omdat omdat Simmer se tuisveld vir `n atletiekbyeenkoms bespreek is.

Verlede jaar se Presidentsligawenner, Midrand Stingers, se eerste wedstryd vanjaar is in teen die nuweling in die reeks, UJ se Sowetokampus, en hy behoort maklik te wen.

Wes-Wits sou teen Khosa speel, maar Pieter Visser, die GLRU se bestuurder van amateurrugby, sê die mynspan het aan die liga onttrek met die oog daarop om hom by die Luiperds te voeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.