GLRU-liga: Pirates-halfeinde beloof toprugby

GLRU

Saterdag se halfeindstryde op die Universiteit van Johannesburg (UJ) se Wessportterrein in die Goue Leeus-rugbyunie (GLRU) se reeks om die Pirates-grootuitdaagbeker belowe om toprugby op te lewer.

Die wedstryd 14:45 op die A-veld tussen die heersende kampioen, UJ, en die NWU Pukke sal verseker dat daar vanjaar net een studentespan in die eindstryd is – meer as genoeg rede vir albei spanne om sake tot die bittereinde uit te spook.

Veral die Pukke kan nie alte tevrede met hul vierde plek op die punteleer wees ná hulle vroeër vanjaar die Varsitybeker gewen het nie, en `n kwaai poging kan van hul kant af verwag word.

Die hoofwedstryd om 16:20 tussen Pirates en Raiders is in wese `n eindstryd om die bond se beste oop klub te kroon, en genade is iets wat bra skaars in dié stryd sal wees.

♦ Die Senior Grootuitdaagbeker se halfeindstryde is by Diggers, waar die kampioen en tuisspan teen Khosa kragte meet.

In die ander wedstryde by Diggers speel Germiston Simmer speel teen Wes-Rand Harlequins in die ander senior halfeindstryd; Diggers II teen Khosa II, en Simmer II teen Quins II; Diggers 0.20 teen UJ Soweto o.20, en Simmer o.20 teen Quins o.20.

Die program begin 13:00.

Ander bepalings –

UJ-Wessportterein

A-veld

13:00 UJ II teen Wits II.

B-veld

13:00 NWU II teen Raiders II; 14:45 Randfontein teen Alberton (Onderste 5); 16:20 Roodepoort teen Johannesburg Polisie (Onderste 5).

C-veld

13:00 NWU Pukke III teen Wanderers III; 14:45 UJ III teen Polisie III; 16:20 UJ o.21 teen Wits o.21.

D-veld

13:00 NWU Pukke o.21 teen Raiders o.21; 14:45 NWU Pukke o.20 teen Wits o.20;16:20 UJ o.20 teen Roodepoort o.20.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.