GLRU-liga: Pirates slaan Wits terug

GLRUPirates, die Goue Leeus-rugbyunie (GLRU) se Goue Beker-span, het Saterdag Wits se poging om tussen die topvier in die bond se Pirates-grootuitdaagliga te eindig ietwat teruggeslaan.

Die span van Greenside het die studente in `n baie gelykop stryd 36-29 geklop, en terselfdertyd die voortou op die punteleer geneem.

Wat Saterdag se ander wedstryde in die Leeus se senior reeks betref, het die NWU Pukke die bordjies teen Wanderers verhang en dié keer 22-16 gewen; Raiders het Unie 28-0 geklop; Randfontein was 38-32 baas teen Roodepoort; en Johannesburg Polisie het Alberton 22-17 getroef.

In die reeks om die Senior Grootuitdaagbeker het Khosa en Midrand Stingers 17-17 gelykop gespeel.

Southern Knights het sy oorheersing in die Presidentsliga voortgesit deur Kagiso Stings 64-0 kaf te draf.

Jabulani het Eldoronians 39-0 verslaan en Alexandra Wolves het 28-0 teen Soweto gewen.

Ander uitslae –

Pirates-grootuitdaagbeker

Tweede spanne

Pirates 32, Wits 21; Raiders 28, Unie 0; Randfontein 25, Roodepoort 23; Polisie 29, Alberton 20.

Derde spanne

Pukke 41, Wanderers 0; Pirates 28, Wits 21; Raiders 28, Unie 0; Roodepoort 40, Randfontein 38; Polisie 42, Alberton 14.

O.21-spanne

Pukke 127, Wanderers 0; Wits 30, Pirates 5; Raiders 28, Unie 0; Roodepoort 28, Randfontein 0; Alberton 52, Polisie 0.

O.20-spanne

Pukke 100, Wanderers 0; Wits 44, Pirates 17; Raiders 28, Unie 0; Roodepoort 24, Randfontein 17; Alberton 15, Polisie 3.

Senior Grootuitdaagbeker

Tweede spanne

Stingers 34, Khosa 0.

O.20-spanne

Stingers 43-Khosa 0.

Presidentsliga

O.20-spanne

Jabulani 31, Eldoronians 0; Southern Knights 53, Kagiso Sting 41; Alexandra Wolves 19, Soweto 17.

Opgesomde punteleer –

Pirates-grootuitdaagbeker

Bekerafdeling

Eerste spanne

Pirates 43, UJ 42, Pukke 38, Raiders 38, Wits 35, Wanderers 30.

Tweede spanne

Wits 44, UJ 41, Pukke 39, Pirates 38, Raiders 31, Wanderers 26.

Derde spanne

Pukke 50, Pirates 42, UJ 38, Wanderers 35, Raiders 27, Wits 18.

O.21-spanne

Pukke 50, UJ 44, Wits 41, Raiders 33, Wanderers 27, Pirates 18.

O.20-spanne

Pukke 50, UJ 45, Wits 45, Pirates 30, Raiders 14, Wanderers 12.

Plaatafdeling

Eerste spanne

Randfontein 30, Roodepoort 18, Johannesburg Polisie 15, Alberton 6, Unie -8.

Tweede spanne

Randfontein 21, Roodepoort 17, Polisie 17, Alberton 10, Unie -1.

Derde spanne

Roodepoort 30, Polisie 26, Randfontein 14, Alberton 8, Unie 6

O.21-spanne

Alberton 29, Randfontein 29, Roodepoort 21, Polisie 5, Unie -2.

O.20-spanne

Randfontein 31, Roodepoort 27, Alberton 20, Polisie 9, Unie -2.

Senior Grootuitdaagliga

Eerste spanne

Diggers 29, Germiston Simmer 25, Harlequins 16, Khosa 13, Tshuma Stingers 5, UJ Soweto 0.

Tweede spanne

Quins 28, Diggers 26, Simmer 15, Stingers 14, Khosa 12, UJ Soweto 5.

Derde spanne

Diggers 5, Quins 5, Simmer 1.

O.20-spanne

UJ Soweto 25, Simmer 24, Quins 18, Diggers 18, Khosa 7, Stingers 5.

Presidentsliga

Eerste spanne

Southern Knights 37, Jabulani 31, Alexandra Wolves 23, Kagiso Sting 10, Eldoronians 10, Soweto 1.

O.20-spanne

Southern Knights 34, Jabulani 30, Alexandra 24, Kagiso 16, Eldoronians 7, Soweto 2.

(Klubbesture word genooi om bondige wedstrydverslae Maandae voor 11:00 vir publikasie aan Pale Toe! by [email protected] te stuur.)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.