GLRU-liga: Pirates steek Pukke verby

logo-piratesPirates het die NWU Pukke verbygsteek in die Goue Leeus-rugbyunie (GLRU) se reeks om die Pirates-grootuitdaagbeker.

Bygesê, die span van Greenside het `n wedstryd meer as die studente gespeel.

UJ is steeds die voorloper in die reeks, met Pirates nou tweede en die Pukke derde.

Raiders is vierde, maar Wits en Wanderers maak steeds sterk aanspraak op `n plek in die halfeindronde.

Die tweestryd tussen Diggers, die huidige kampioen, en Germiston Simmer in die reeks om die Senior Grootuitdaagbeker duur voort. Diggers is dusver onoorwonne en `n kortkop voor.

Southern Knights is ná sewe wedstryde onoorwonne in die Presidentsliga en Jabulani (vyf seges in ses wedstryde) is al wat hom werklik teenstand bied.

Opgesomde punteleer –

Pirates-grootuitdaagbeker

Eerste spanne

UJ 42, Pirates 38, NWU Pukke 34, Raiders 33, Wits 33, Wanderers 29, Randfontein 26, Roodepoort 16, Johannesburg Polisie 11, Alberton 5, Unie -7.

Tweede spanne

Wits 44, UJ 41, NWU Pukke 39, Pirates 33, Raiders 26, Wanderers 26, Roodepoort 16, Randfontein 16,Johanneburg Polisie 12, Alberton 10, Unie -1.

Derde spanne

NWU Pukke 45, UJ 38, Pirates 37, Wanderers 35, Roodepoort 25, Raiders 22, Johannesburg Polisie 21, Wits 17, Randfontein 12, Alberton 8, Unie 6.

Onder 21-spanne

NWU Pukke 45, UJ 44, Wits 36, Randfontein 29, Raiders 28, Wanderers 27, Alberton 24, Pirates 18, Roodepoort 16, Johannesburg Polisie 5, Unie -2.

Onder 20-spanne

NWU Pukke 45, UJ 45, Wits 40, Pirates 30, Randfontein 30, Roodepoort 22, Alberton 16, Wanderers 12, Johannesburg Polisie 9, Raiders 9.

Senior Grootuitdaagbeker

Eerste spanne

Diggers 29, Germiston Simmer 25, Harlequins 16, Khosa 11, Tshuma Stingers 3, UJ Soweto 0.

Tweede spanne

Quins 28, Diggers 26, Simmer 15, Khosa 12, Stingers 9, UJ Soweto 5.

Onder 20-spanne

UJ Soweto 25, Simmer 24, Quins 18, Diggers 18, Khosa 7, Stingers 0.

Presidentsliga

Eerste spanne

Southern Knights 32, Jabulani 26, Alexandra Wolves 18, Kagiso Sting 10, Eldoronians 10, Soweto 1.

Onder 20-spanne

Knights 29, Jabulani 25, Alexandra 20, Kagiso 15, Eldoronians 7, Soweto1.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.