GLRU-liga: Raiders bevestig oorhand in GB-stryd

Raiders het Saterdag sy oorhand bevestig in die wedloop om die Goue Leeus-rugbyunie (GLRU) vanjaar in die SA Rugbyunie (Saru) se internasionale reeks om die Goue Beker te verteenwoordig.

Hy het sy vernaamste uitdager, Pirates – verlede jaar die bond se beste oop klub – oortuigend met 36-19 in die reeks om die Pirates-grootuitdaagbeker (PGU) verslaan.

In ʼn Wes-Randse derbystryd het Randfontein naelskraap met 24-22 teen Roodepoort gewen.

In die reeks om die Bailybeker het Alberton met 26-20 oor Harlequins van Krugersdorp geseëvier; en Johannesburg Polisie het Diggers met 43-21 gelooi.

Alexandra het Kagiso in die Senior Grootuitdaagreeks (SGU) met 49-12 verwoes; en Tshuma Stingers het met 20-11 oor Eldornians getriomfeer.

Ander uitslae –

PGU

Tweede spanne

Raiders 38, Pirates 22; Randfontein 17, Roodepoort 13.

Derde spanne

Raiders 17, Pirates 12; Randfontein 20, Roodepoort 5.

Onder 21-spanne

Raiders 45, Pirates 25; Roodepoort 21, Randfontein 21.

Onder 19-spanne

Pirates 63, Raiders 0; Roodepoort 29, Randfontein 0.

Bailybeker

Tweede spanne

Alberton 54, Quins 17; Polisie 25, Diggers 22.

Derde spanne

Alberton 36, Quins 14; Polisie 55, Diggers 3.

Onder 21-spanne

Alberton 66, Quins 0; Diggers 31, Polisie 10.

Onder 19-spanne

Alberton 52, Quins 5.

SGU

Onder 20-spanne

Kagiso 34, Alexandra 22; Stingers 22, Eldoronians 21.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.