GLRU-liga: Raiders die span om dop te hou

Raiders lyk na die span om vanjaar dop te hou in Groep 1 van die Goue Leeus-rugbyunie (GLRU) se reeks om die Pirates-grootuitdaagbeker.

Pas ʼn week nadat hy met verlede jaar se naaswenner, Pirates, afgereken het, het die span van Industria die verdedigende kampioen, die Universiteit van Johannesburg (UJ), in ʼn wegwedstryd oortuigend met 30-10 geklop.

Dit lyk ook of sy bevordering tot die reeks om die Varsitybeker nuwe lewe in die oudste van die Goudstad se twee universiteite, die Universiteit van die Witwatersrand, geblaas het.

Die Witsies het Randfontein, wat verlede week skoonskip teen Roodepoort gemaak het, op die Teine se eie veld met 42-16 afgestof.

Die NWU Pukke was op Greenside met 36-22 baas teen Pirates; en Wanderers was die enigste span wat tuis kon wen toe hy Roodepoort naelskraap met 24-22 getroef het.

Ander uitslae –

Pirates-grootuitdaagbeker

Groep 2

Johannesburg Polisie 17, Unie 10; Germiston Simmer 27, Harlequins 6; Diggers 31, Soweto Eagles 14.

Senior Grootuitdaagreeks

Kagiso 28, UJ Soweto 0 (-5); Tshuma Stingers 18, Alexandra 0; Southern Knights 67, Eldoronians 14.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.