Raiders se stewige vertoning Saterdag teen die Varsitybekerhouer se naasbestes toon hy kan weer `n sterk aanspraakmaker op deelname aan die reeks om die Goue Beker wees.
Die NWU Pukke het tuis net 43-41 teen Raiders kon wen.
Van die ander uitslae lyk ook mededingender as wat die eerste ronde beloof het.
Wanderers het 29-24 teen Randfontein gewen en Wits 36-18 teen Roodepoort.
Daar was egter steeds groot tellings met UJ wat 52-16 teen Johannesburg Polisie gewen het, en Pirates 49-26 teen Alberton.
♦ In die Senior Grootuitdaagreeks het Harlquins merkwaardig beter as teen Germiston Simmer gevaar, en Diggers moes spook om hom 15-14 te klop.
Khosa het UJ Soweto 33-0 geklop.
♦ Randfontein se derde span het nie verlede week punte teen Raiders se derde span gegee nie. Raiders het die wedstryd 28-0 gewen.
`n Misverstand het ingesluip na aanleiding van die reël dat `n telling van 28-0 aangeteken word teen `n span wat punte gee.
Ander uitslae –
Pirates-grootuitdaagreeks
Tweede spanne: Wanderers 24, Randfontein 0; Pukke 18, Raiders 6; Wits 34, Roodepoort 7; Pirates 48, Alberton 19; UJ 50, Polisie 0.
Derde spanne: Wanderers 83, Randfontein 0; Pukke 60, Raiders 0; Roodepoort 26, Wits 22; Pirates 38, Alberton 0; UJ 19, Polisie 9.
Onder 21-spanne: Wanderers 47, Randfontein 12; Pukke 71, Raiders 7; Wits 57, Roodepoort 20; Alberton 29, Pirates 12; UJ 52, Polisie 7.
Onder 20-spanne: Randfontein 29, Wanderers 0; Pukke 115, Raiders 0; Wits 36, Roodepoort 19; Pirates 26, Alberton 7; UJ 69, Polisie 0.
Senior Grootuitdaagreeks
Tweede spanne: Harlequins 7, Diggers 5; Khosa 12, UJ Soweto 0.
Onder 20-spanne: Harlequins 20, Diggers 10; Khosa gee punte teen UJ Soweto.