GLRU-liga: Raiders sal NWU Pukke toets

GLRU

Te oordeel aan verlede naweek se vertoning teen Randfontein behoort Raiders Saterdag die NWU Pukke hard te laat werk.

Die studente is steeds die gunsteling op Potchefstroom, maar Raiders kan hulle goed skrikmaak.

Die Universiteit van die Witwatersrand behoort sy toetrede tot vanjaar se liga met `n sege oor Roodepoort op laasgenoemde se tuisveld te maak.

Die Goue Bekerspan Pirates (Vrydagaand al) weg teen Alberton, en Wanderers tuis teen Randfontein het `n goeie kans om elk met oor die 50 punte te wen.

Die nuweling in die reeks, Johannesburg Polisie, het `n ongemaklike vuurdoop teen die GLRU-kampioen, die Universiteit van Johannesburg (UJ), op die universiteitsveld en dit sal interessant wees om te sien hoe hy vaar nadat hy `n paar maande gehad het om sy skietgoed agtermekaar te kry.

♦ Die Senior Grootuitdaagkampioen, Diggers, speel op Krugersdorp soos in verlede jaar se eindstryd teen Harlequins van die Wes-Rand, wat aansienlik beter as verlede week teen Germiston Simmer sal moet speel as hy nie groot slae wil kry nie.

UJ Soweto speel gasheer vir Khosa, wat verlede Saterdag droëbek gesit het toe sy beoogde teenstander, Wes-Wits, aan die liga onttrek het.

Tsuma Stingers van Midrand speel tuis in `n vriendskaplike wedstryd teen Simmer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.