GLRU-liga: Simmer in eerste finaal sedert 1992

germiston simmerGermiston Simmer se eerste span speel Saterdag in sy eerste eindstryd sedert 1992 wanneer hy Diggers, die huidige houer, op Wits se veld om die Senior Grootuitdaagbeker pak.

Ryan Dennis, die klub se voorsitter, sê selfs die drie spanne (eerste, tweede en o.20) in die halfeindstryd het in 20 jaar nie gebeur nie.

“Wat die meeste van die spelers betref,was dit die eerste halfeindstryd vir sover hulle kan onthou,” het hy aan Pale Toe! gesê.

Die eerste span het Harlequins 32-17 geklop en die tweede het 18-15 teen die Wes-Randers gewen. Die o.20-span het 17-42 teen Diggers verloor.

Dennis sê die eerste span het vinnig weggespring en binne die eerste vyf minute gaan druk.

“Die vleuel Armand van Dyk het aan die oorkant gaan dek toe Quins die bal oor Simmer se koppe geskop het, die bal met `n goedgemikte skop agter die teenstanders se agterlyn geplaas, en die bal het reggespring vir Christopher Khumalo wat gaan druk het.”

Hy sê die voorspelers het onvermoeid gewerk om `n goeie aanvalsplatform vir die gevaarlike Simmer-agterlyn te skep en selfs `n paar lynstaanballe van die teenstanders afgeneem.

“Quins het in die tweede helfte geweldige druk op die Simmer-skrum geplaas, maar Khumalo het nog twee drieë gedruk om as speler van die wedstryd bekroon te word.”

Dennis sê die tweede span het sterker teenstand ervaar.

“Dit was `n gelykop stryd met die voorspelers wat balbesit bepaal het. Die kaptein, Chunky Moorcroft, het sy hande vol gehad om sy manne in toom te hou en swak disipline het Simmer amper die wedstryd gekos.”

Die losskakel, Brian Lee, het opnuut sy vaardighede laat geld en is as die speler van die wedstryd aangewys.

“Die hoogtepunt van die wedstryd was toe `n agterlynbeweging die stut Stefan Stevens op loer vir die bal gevind en hy soos `n wafferse vleuel in die hoek gaan druk het.”

Die afrigter, Neels Grobler, het hom vandeesweek op die span se dissipline toegespits, waar Maree Bester en die eerste span op eerstefasebesit gefokus het.

Saterdag se program –

Wits-rugbyveld

A-veld

13:00 Randfontein teen Roodepoort; 14:40 Germiston Simmer teen 16:20 Pirates teen UJ.

B-veld

13:00 Diggers II teen Simmer II ; 14:40 UJ II teen Pukke II; 16:20 UJ III teen NWU Pukke III.

UJ Wessportterrein

A-veld

13:00 Pukke o.20 teen UJ o.20; 14:40 Pukke o.21 teen UJ o.21.

B-veld

13:00 Diggers o.20 teen UJ Soweto o.20.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.