GLRU-liga: studente oordonder nie weer liga

GLRUDie studenteklubs oordonder nie weer die Goue Leeus-rugbyunie (GLRU) se Pirates-grootuitdaagliga in die mate wat dit verlede jaar die geval was nie.

Die NWU Pukke en die Universiteit van Johannesburg (UJ) is weliswaar steeds onoorwonne boaan die punteleer, maar oop klubs soos Raiders en Pirates staan nie juis vir hulle terug nie.

Die Pukke het tans 29 punte, UJ en Raiders 28 elk en Pirates 25.

Dit is ook opvallend dat die nuweling in die liga, Johannesburg Polisie, tans beter vaar as vier van die ou ingesetenes, Randfontein, Alberton, Roodepoort en Unie.

Wat die tweede spanne betref, is die Universiteit van die Witwatersrand (29) die voorloper, met UJ (26), Raiders (25), Pukke en Pirates (elk 24) almal goed geplaas.

Die Pukke en Wanderers se derde spanne het elk 30 ligapunte, en Pirates 26.

In die o.21-liga is die Pukke (30) en UJ (28) die voorlopers; terwyl die Pukke, UJ (albei 30) en Wits (25) die beste in die o.20-liga staan.

Senior Grootuitdaagliga

Diggers, die senior Grootuitdaag-kampioen, het Saterdag daarin geslaag om Germiston Simmer – wat aansienlik beter as verlede jaar vaar – in die tweedeplek in te dwing. Diggers het nou 19 punte en Simmer 16.

Harlequins se tweede span loop voor met 19 punte teenoor Diggers se 16; met die posisie omgekeer wat die derde spanne betref.

UJ Soweto se o.20-span het 20 punte teenoor Simmer se 14.

Die naweek se uitslae –

Eerste spanne

Wanderers 53, Polisie 13; Wits 53, Unie 0; Pirates 20, Randfontein 19; Raiders 50, Alberton 16; Pukke 40, Roodepoort 19.

Tweede spanne

Wanderers 38, Polisie 6; Unie 57, Wits 7; Pirates 35, Randfontein 14; Raiders 47, Alberton 10; Pukke 52, Roodepoort 7.

Derde spanne

Wanderers 24, Polisie 14; Wits 14, Unie 8; Pirates 48, Randfontein 3; Raiders 17, Alberton 5; Pukke 50, Roodepoort 7.

O.21-spanne

Wanderers 35, Polisie 17; Wits 28, Unie 0; Randfontein 12, Pirates 6; Alberton 21, Raiders 21; Pukke 28, Roodepoort 0.

O.20-spanne

Wanderers 62, Polisie 0; Wits 53, Unie 0; Randfontein 24, Pirates 7; Alberton 28, Raiders 14; Pukke 57, Roodepoort 14.

Senior Grootuitdaagbeker

Eerste spanne

Diggers 31, Simmer 24.

Tweede spanne

Diggers 55, Simmer 7.

Derde spanne

Diggers 15, Simmer 14.

O.20-spanne

Diggers 38, Simmer 0.

Presidentsliga

Eerste spanne

Jabulani 28, Kagiso Stings 5; Southern Knights 38, Soweto 12; Alexandra 75, Eldoronians 0.

O.20-spanne

Jabulani 29, Kagiso Stings 12; Southern Knights 24, Soweto 10; Alexandra 28, Eldoronians 0.

Opgesomde punteleer –

Pirates-grootuitdaagbeker

Eerste spanne

NWU Pukke 29, UJ 28, Raiders 28, Pirates 25, Wanderers 20, Wits 18, Polisie 11, Randfontein 11, Alberton 6, Roodepoort 2, Unie -4.

Tweede spanne

Wits 29, UJ 26, Raiders 25, Pukke 24, Pirates 24, Wanderers 21, Alberton 10, Polisie 9, Roodepoort 4, Randfontein 1, Unie 0.

Derde spanne

Pukke 30, Wanderers 30, Pirates 26, UJ 23, Raiders 17, Polisie 15, Roodepoort 12, Wits 11, Unie 7, Alberton 6, Randfontein 1.

O.21-spanne

Pukke 30, UJ 28, Raiders 23, Wits 22, Wanderers 22, Alberton 15, Randfontein 14, Pirates 12, Roodepoort 6, Polisie 5, Unie -1.

O.20-spanne

Pukke 30, UJ 30, Wits 25, Pirates 20, Randfontein 16, Roodepoort 13, Wanderers 11, Alberton 11, Raiders 9, Polisie 8, Unie -1.

Senior Grootuitdaagbeker

Eerste spanne

Diggers 19, Germiston Simmer 16, Harlequins 11, Tshuma Stingers 8, Khosa 6, UJ Soweto 1.

Tweede spanne

Quins 18, Diggers 16, Simmer 10, Stingers 7, Khosa 5, UJ Soweto 0.

Derde spanne

Diggers 5, Quins 5, Simmer 1.

O.20-liga

UJ Soweto 20, Simmer 14, Quins 12, Didders 9, Khosa 4, Stingers 0.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.