Die Universiteit van Johannesburg (UJ) het Saterdag die Goue Leeus-rugbyunie (GLRU) se Pirates-grootuitdaagbeker die sewende keer in tien seisoene gebuit.
Hy het Pirates 41-19 op Wits se rugbyveld geklop, nadat hy die beker ook in 2007, 2010, 2011, 2012, 2014 en 2015 huis toe geneem het.
Die NWU Pukke het dit in 2008 en 2009 gewen, en Roodepoort in 2013.
UJ het ook drie van Saterdag se vier ander Pirates-eindstryde – almal teen die Pukke – gewen. Op die koop toe was UJ Soweto ook bo in die Senior Grootuitdaagbeker se o.20-afdeling.
Wat die Onderste 5 betref, het Randfontein die eindstryd teen Roodepoort 35-15 gewen.
Germiston Simmer het sy eerste eindstrydkans sedert 1992 met albei hande aangegryp en Diggers as Senior Grootuitdaag-kampioen onttroon deur 24-21 te wen.
Jabulani het vroeër die Presidentsliga gewen toe hy Southern Knights 41-29 in die eindstryd verslaan het.
Ander uitslae –
Pirates-grootuitdaagbeker
Tweede spanne
UJ 13, Pukke 9.
Derde spanne
UJ 48, Pukke 18.
O.21-spanne
Pukke 21, UJ 15.
O.20-spanne
UJ 36, Pukke 22.
Senior Grootuitdaagbeker
Tweede spanne
Diggers 44, Simmer 5.
O.20-spanne
UJ Soweto 17, Diggers 8.
Presidentsbeker
O.19-spanne
Jabulani 16, Southern Knights 14.