GLRU-liga: voorste drie klubs keil mekaar op

Drie klubs is besig om mekaar op te keil om die voorste plek in die Goue Leeus-rugbyunie (GLRU) se Pirates-grootuitdaagreeks (PGU) in te neem.

Die Universiteit van die Witwatersrand, die NWU Pukke en Raiders het al drie volpunte (tien) ná die eerste twee rondes van die reeks, en die volgorde word slegs deur hul batige punteverskille bepaal.

Randfontein is vierde, en die Goue Bekerklub Pirates, wat albei sy eerste wedstryde verloor het, sesde uit die agt spanne.

Die huidige kampioen UJ, wat tot voorlaasweek nog in die reeks om die Varsitybeker meegeding het, is tans nog heel laaste.

♦ Dana van Vuuren, Randfontein se voorsitter, laat weet dat dit Saterdag nie te goed teen die Witsies gegaan het nie.
Slegs die Teine se tweede span kon met 21-19 teen die studente wen.

Wits se eerste span het met 42-19 gewen, die derde met 40-31, die o.21’s met 38-15, en die o.19’s met 75-19.

Staatmaker

Die staatmaker Rudi Marx het twee drieë gedruk en is as die speler van die wedstryd bekroon.

Koos van Zyl het die Teine se ander drie gedruk, en Tiaan Nel het twee van die drie verdoel.

♦ Gerhard Swart, Johannesburg Polisie se hoofafrigter, sê sy span het sy swakste vertoning van die seisoen gelewer, maar steeds daarin geslaag om Unie op Kiblerpark met 17-10 te klop.

Die Bobbies was rustyd met 5-10 agter.

“ʼn Streng praatjie rustyd het blykbaar gehelp, want Ian Truter het sommer van die afskop af vyf spelers geklop en gaan druk.

“Die skeidsregter het Truter ʼn paar minute later ʼn drie ontsê, maar hy het wel teen die 65ste minuut ʼn tweede keer gaan druk.”

Swart sê Unie moes kort voor die einde ook ʼn drie verbeur toe hy vir obstruksie gestraf is.

“Dit was ʼn uiters fisieke wedstryd. Bobbies het goed in die skrums en lynstane gevaar, maar gans te veel strafskoppe in die losskrums afgestaan.

Harde werk

“Ons sal hard aan laasgenoemde moet werk, aangesien ons nie kan bekostig om soveel strafskoppe af te staan nie.”

Hy sê die slot Christo Swart was die Bobbies se grootste uitblinker, maar dit kon netsowel Truter of die agsteman, Francois Fouché, wees.

Martin da Souza het die wenspan se ander drie gedruk, en Ryno Brits het ʼn doelskop bygevoeg.

Bobbies se tweede span het met 40-0 en die derde met 29-24 gewen, maar die o.21’s het met 8-37 verloor.

Polisie speel oor twee weke op sy tuisveld teen verlede jaar se Senior Grootuitdaagkampioen, Germiston Simmer.

Tshuma Stingers teen Alexandra Wolves. (Foto: Tshuma Stingers)

♦ Ndumiso Tshuma, die hoof- uitvoerende beampte van die Midrandse span Tshuma Stingers, beloof vroeg-vroeg sy span gaan vanjaar die Senior Grootuitdaagbeker (SGU) wen, nadat hy Saterdag in die seisoen se eerste wedstryd met 18-0 teen die Alexandra Wolves geseëvier het.

“Tanner Fox is terug ná sy besering verlede jaar en het die Stingers op die wenpad geplaas met ʼn drie in die 17de minuut.

“Nathan Kok het die tweede drie van ʼn los bal by ʼn afbreekpunt af gedruk om Stingers rustyd met 10-0 te laat voorloop,” sê Tshuma.

“In die tweede helfte het Lwando Yiliwe ʼn strafdoel deur die pale gejaag, en Edmund Braatveldt het ʼn drie gedruk na ʼn strafskop en geel kaart teen die Wolves toegeken is.

“Die reuse van Alexandra en Midrand het tot die bitter einde gestry. Dit was ʼn strawwe wedstryd waarin die twee spanne goed teen mekaar opgeweeg het.”

Tshuma sê Malusi Mkize het in sy eerste verskyning vir die Stingers met die toekenning as die speler van die wedstryd weggestap.

Met mening

“Hy het die bal met mening gedra, en telkens vurig deur die verdedigingslinie gebars om die Stingers op die voorvoet te plaas. Sy dissipline het trots en karakter weerspieël.”

Tshuma sê Olefile Mamoepa, Braatvedt, Pascal Langa, Tsepo Seakhoa, Caleb Schwarp, Habby Masimege, Hlumelo Kama en Yiliwe het almal ʼn lofwaardige buiging vir die span gemaak.

Alexandra se o.20-span het met 22-0 gewen.

♦ UJ Soweto se eerste span het nie opgedaag vir sy wedstryd teen Kagiso nie, en as strafmaatreël is vyf ligapunte van die eerste span afgetrek, en ʼn telling van 28-0 in Kagiso se guns vir al drie sy spanne aangeteken.

Ander uitslae –

Pirates-grootuitdaagreeks

Tweede spanne

UJ 55, Raiders 3; Pirates 19, NWU Pukke 17; Wanderers 36, Roodepoort 10; Germiston Simmer 24, Harlequins 10; Diggers 48, Soweto Eagles 5.

Derde spanne

Raiders 25, UJ 17; NWU Pukke 92, Pirates 0; Quins 57, Simmer 7; Diggers 28, Soweto Eagles 0.

Onder 21-spanne

UJ 55, Raiders 3; NWU Pukke 97, Pirates 15; Roodepoort 33, Wanderers 5; Diggers 22, Soweto Eagles 12.

Onder 19-spanne

UJ 87, Raiders 3; NWU Pukke 73, Pirates 0; Wanderers 34, Roodepoort 10; Quins 43, Simmer 0; Soweto Eagles 33, Diggers 17.

(Kyk by https://maroelamedia.co.za/sportnuus/rugby/glru-liga-raiders-die-span-om-dop-te-hou/ vir vroeëre berig oor PGU- eerste spanne.)

Senior Grootuitdaagreeks

Eerste spanne

Southen Knights 67, Eldoronians 14.

Onder 20-spanne

Southern Knights 38, Eldoronians 8.

Opgesomde punteleer –

Pirates-grootuitdaagbeker

Groep 1

Eerste spanne

Wits 10, NWU Pukke 10, Raiders 10, Randfontein 5, Wanderers 5, Pirates 1, Roodepoort 1, UJ 0.

Tweede spanne

Randfontein 9, Wanderers 6, NWU Pukke 6, UJ 6, Raiders 5, Wits 5, Pirates 4, Roodepoort 0.

Derde spanne

NWU Pukke 10, Wanderers 9, Raiders 9, Randfontein 6, Wits 6, UJ 1, Pirates 1, Roodepoort 0.

Onder 21-spanne

NWU Pukke 10, Wits 10, Roodepoort 6, UJ 5, Raiders 0, Wanderers 0, Pirates 0.

Onder 19-spanne

Wits 10, NWU Pukke 10, UJ 7, Wanderers 5, Randfontein 5, Pirates 5, Roodepoort 0, Raiders 0.

Groep 2

Eerste spanne

Germiston Simmer 10, Harlequins 5, Diggers 5, Alberton 4, Johannesburg Polisie 4, Unie 2, Soweto Eagles 1.

Tweede spanne

Diggers 9, Alberton 5, Polisie 5, Simmer 5, Eagles 4, Quins 1, Unie 0.

Derde spanne

Quins 10, Unie 7, Diggers 5, Polisie 5, Simmer 5, Alberton 0, Eagles 0.

Onder 21-spanne

Diggers 10, Alberton 5, Quins 5, Unie 5, Eagles 1, Simmer 0, Polisie 0.

Onder 19-spanne

Quins 10, Unie 6, Alberton 5, Eagles 5, Simmer 4, Diggers 1, Polisie 0.

Senior Grootuitdaagbeker

Eerste spanne

Southern Knights 5, Kagiso 5, Tshuma Stingers 4, Alexandra Wolves 0, Eldoronians 0, UJ Soweto -5.

Tweede spanne

Kagiso 5, UJ Soweto 0.

Onder 20-spanne

Southern Knights 5, Kagiso 5, Alexandra Wolves 5, Tshuma Stingers 0, Eldoronians 0, UJ Soweto 0.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.