Wanderers en Unie se vertonings het die oog in die jongste ronde van die Goue Leeus-rugbyunie (GLRU) se Pirates-grootuitdaagreeks (PGU) gevang.
In Groep 1 het Wanderers verlede jaar se Goue Bekerspan, Pirates, hard laat werk vir ʼn sege van 26-23; en Unie het Alberton in roep 2 tot ʼn gelykop uitslag van 15-15 gedwing.
In die ander wedstryde in Groep 1 het Raiders met 62-20 teen Roodepoort gewen; en die Universiteit van Johannesburg (UJ) het Randfontein met 54-19 geklop.
Die Universiteit van die Witwatersrand het sy senior span aan die wedstryd teen die NWU Pukke onttrek, en die saak geniet aandag.
Wat Groep 2 betref, het Harlequins met 41-11 teen Soweto Eagles gewen; en Germiston Simmer het Diggers met 31-20 ondergesit.
Ander uitslae –
PGU
Tweede spanne
Pirates 47, Wanderers 14; UJ 68, Randfontein 0; Raiders 46, Roodepoort 7; Unie 5, Alberton 0; Diggers 41, Simmer 0; Quins 29, Eagles 3.
Derde spanne
Pirates 30, Wanderers, 19; UJ 38, Randfontein 5; Raiders 43, Roodepoort 19; Alberton 29, Unie 27, Simmer 50, Diggers 17; Quins 28, Eagles 0.
Onder 21-spanne
Pirates 38, Wanderers 14; UJ 28, Randfontein 0; Raiders 38, Roodepoort 0; Unie 27, Alberton 7; Diggers 24, Simmer 23; Eagles 36, Raiders 25.
Onder 19-spanne
Wanderers 7, Pirates 0; UJ 28, Randfontein 0; Roodepoort 45, Raiders 25; Alberton 41, Unie 0; Simmer 44, Diggers 24.