Die sesde geplaaste Wanderers het Saterdag vir `n eersterangse opskudding in die Goue Leeus-rugbyunie (GLRU) se Pirates-grootuitdaagreeks gesorg.
Hy het die hoog aangeskrewe NWU Pukke oortuigend 27-19 geklop.
Verlede seisoen se enorme kloof tussen die twee topklubs en die res in die Goue Leeus-rugbyunie se reeks om die Pirates-grootuitdaagbeker is aan ‘t verdwyn en die stryd bolangs is van die strafste in jare.
Die Universiteit van Johannesburg (42) is steeds ver voor op die punteleer, maar Pirates se klinkende sege Saterdag van 101-6 oor Unie laat hom gelyk trek met die NWU Pukke (albei 34). Raiders (33), Wits (32) en Wanderers (30) volg knap daarna.
In Saterdag se ander wedstryde in die reeks het UJ vir Roodepoort 52-20 verslaan; Randfontein vir Johannesburg Polisie 50-17; en Wits vir Alberton 67-3.
Pirates-grootuitdaagbeker
Ben-Piet Lotter, die woordvoerder van Pirates, sê die klub sal vir die topses in die tweede helfte van die reeks in aanmerking kom. Hy fokus daarop om die Leeus se top- oop klub te bly en terselfdertyd die groep vir die nasionale reeks om die Goue Beker voor te berei.
“Die belangrikste is om die spelers dermate te roteer dat almal genoeg ruskans kry. Die seisoen is nog lank.”
Benewens `n strafdrie het Litha Mzozoyana, Jama Ntengo, Sheldon Terblanche, Ben Sekgobela (almal twee elk), Johan Janse van Rensburg, Stokkies du Plessis, Dudley Stead, Cole de Jager, Estiaan Conradie, Kenneth du Plessis Pirates se 15 drieë gedruk. Chanley Williams (sewe), Kenneth du Plessis (vier), Martin Scheepers en Dave Turnbull het doelskoppe bygedra.
Senior Grootuitdaagbeker
Germiston Simmer het die voortou in die reeks om die Senior Grootuitdaagbeker geneem met sy sege van 27-7 (rustyd 24-0) oor Harlequins – die eerste keer in onlangse jare dat hy die Wes-Randers twee keer in dieselfde seisoen troef.
Ryan Dennis, die voorsitter van Simmer, sê die span van Germiston het in die eerste helfte konstruktiewe rugby gespeel en die spel geheel en al oorheers. Al drie sy drieë is in die eerste helfte deur André van Heerden, Barry Niemand en Christopher Khumalo gedruk.
“Harlequins is egter `n kanniedood en het vir 90% van die spel gesorg!”
Dennis sê wat ookal die afrigter, Maree Bester, se rustydboodskap was, het op dowe ore geval en Simmer het bloot die telling in die tweede helfte verdedig.
“Quins het ná die blaaskans die skrums oorheers en vier vaskoppe gehaak. Genadiglik het Simmer se verdedigingstruktuur gehou en Quins kon net een drie druk, waar Simmer slegs `n strafdoel by sy telling gevoeg het.
“Simmer se geneigdheid om die voet van die versneller te haal, wek kommer omdat dit in enige wedstryd rampspoedig kan wees – en daar is nog vier wat voor lê.”
Bester, die breier, sê Simmer beskik oor sy talentvolste span in jare, maar hulle moet as `n span saamspeel en nie as 15 briljante individue wat elkeen sy eie kop volg nie.
“Rugby is `n gedissiplineerde spanpoging en `n mens wil graag sien hoe Simmer vorentoe in dié opsig ontwikkel.”
Dennis sê die tweede spanne se kragmeting was `n heen-en-weer-affêre waarin Jan Potgieter twee drieë en die kaptein, Charles Moorcroft, een gedruk het.
Die spanne het beurtelings voorgeloop en Simmer was `n minuut voor die einde 21-19 voor toe Quins die wendoel behaal het om welverdiend 26-21 te wen.
“Simmer se o.20-span was vasbeslote om te wen nadat die vorige wedstryd teen Quins 32-32 gelykop geëindig het,” sê Dennis. “Dit was `n strawwe wedstryd en Simmer kon uiteindelik 38-26 wen in weerwil van twee vinnige drieë wat Quins ná rustyd gedruk het.”
Marcell Henning, Justin Liebenberg, Dwayne van der Merwe, Werner Thomas, Ian Andrews en Cameron Farah het Simmer o.20 se drieë gedruk, en Jason Harrison het vier verdoel.
Ander uitslae –
Pirates-grootuitdaagbeker
Tweede spanne
Pukke 55, Wanderers 0; Pirates 95, Unie 3; Randfontein 44, Polisie 22; UJ 45, Roodepoort 0; Wits 79, Alberton 5.
Derde spanne
Pukke 38, Wanderers 0; Pirates 40, Unie 5; Polisie 37, Randfontein 24; UJ 37, Roodepoort 7; Alberton 10, Wits 10.
O.21-spanne
Pukke 113, Wanderers 0; Pirates 28, Unie 0; Randfontein 66, Polisie 0; UJ 57, Roodepoort 0.
O.20-spanne
Pukke 90, Wanderers 0; Pirates 2, Unie 0; Randfontein 10, Polisie 7; Wits 52, Alberton 3.
Presidentsliga
Eerste spanne
Eldoronians 12, Soweto 10; Southern Knights 12, Jabulani 10; Alexandra Wolves 41, Kagiso Sting 17.
O.20-spanne
Eldoronians 31, Soweto 15; Jabulani 19, Southern Knights 17; Alexandra Wolves 19, Kagiso Sting 5.
Opgesomde punteleer –
Pirates-grootuitdaagbeker
Eerste spanne
UJ 42, NWU Pukke 34, Pirates 34, Raiders 33, Wits 32, Wanderers 30, Randfontein 21, Roodepoort 12, Johannesburg Polisie 11, Alberton 6, Unie -7.
Tweede spanne
UJ 41, NWU Pukke 39, Wits 39, Pirates 33, Raiders 26, Wanderers 26, Roodepoort 14, Randfontein 11, Alberton 10, Johannesburg Polisie 10, Unie -1.
Derde spanne
NWU Pukke 45, UJ 3, Pirates 36, Wanderers 35, Raiders 22, Roodepoort 21, Polisie 20, Wits 13, Alberton 8, Randfontein 7, Unie 6.
O.21-spanne
NWU Pukke 45, UJ 44, Wits 32, Raiders 28, Wanderers 27, Alberton 24, Randfontein 24, Pirates 18, Roodepoort 11, Polisie 5, Unie -2.
O.20-spanne
NWU Pukke 45, UJ 45, Wits 35, Pirates 30, Randfontein 25, Roodepoort 22, Alberton 16, Wanderers 12, Raiders 9, Polisie 9, Unie -2.
Senior Grootuitdaagbeker
Eerste spanne
Germiston Simmer 25, Diggers 24, Harlequins 16, Tshuma Stingers 7, Khosa 6, UJ Soweto 0.
Tweede spanne
Quins 28, Diggers 21, Simmer 15, Stingers 9, Khosa 7, UJ Soweto 5.
Derde spanne
Diggers 5, Quins 5, Simmer 1.
O.20-spanne
Simmer 24, UJ Soweto 20, Quins 18, Diggers 14, Khosa 7, Stingers 0.
Presidentsliga
Eerste spanne
Southern Knights 27, Jabulani 21, Alexandra Wolves 16, Eldoronians 10, Kagiso Sting 5, Soweto 1.
O.20-spanne
Jabulani 24, Southern Knights 24, Alexandra Wolves 16, Kagiso Sting 11, Eldoronians 7, Soweto 1.