GLRU-liga: Wits kan sake vanjaar omkrap

wits sportSoos dinge nou lyk, kan Wits vanjaar sake in die Goue Leeus-rugbyunie (GLRU) se Pirates-grootuitdaagliga omkrap.

Die studente se oorwinning van 51-7 Saterdag oor Wanderers was onverwags groot, en hoewel hulle `n entjie agter die voorlopers is, het hulle `n wedstryd minder (in Raiders se geval twee) as die res gespeel.

Die Universiteit van Johannesbrg, die NWU Pukke, Raiders en Pirates het dusver `n trappie bo die res uitgestyg.

In die woorde van sy hoofafrigter, Gerhard Swart, het Johannesburg Polisie sy grootste uur (of twee) beleef toe hy Unie Vrydag met `n stewige vertoning 77-0 geklop het.

Dis Polisie se eerste sege sedert sy hertoelating tot die GLRU se senior reeks.

In die naweek se ander wedstryde het UJ vir Pirates 20-19 geklop; die Pukke het 50-7 teen Randfontein gewen; en Raiders het 43-29 teen Roodepoort gewen.

Johannesburg Polisie se span wat Unie 77-0 geklop het.

Johannesburg Polisie se span wat Unie 77-0 geklop het.

♦ Swart sê die Bobbies het in `n hoë tempo gespeel, en die skakelpaar, Nico Johst en Martin da Souza, het die vonk verskaf wat 11 drieë opgelewer het. Da Souza het al 11 verdoel om 22 punte te behaal.

Die flank Charl Olivier het die eerste drie binne tien minute gedruk en die Bobbies het nog vier in die eerste helfte bygevoeg.

Olivier, die vleuels Zuku Mgijima en JZ de Jager en die senter Anthony Kapp het elk twee keer agter die doellyn gaan kuier. Sipo Mohlahla (senter) en Armand Goosen (flank) het die Bobbies se ander twee drieë gedruk.

Swart is in sy noppies met die ommekeer sedert die wedstryd teen Raiders.

“Die spelers het werklik goed gespeel en ons aanval was goed op dreef.

“Ons durf Wanderers Vrydag met `n mate van vertroue aan, en sal ons bes doen om te verras.”

Polisie se tweede (26-3) en o.20-span (12-0) het ook gewen, en Unie kon nie `n o.21-span bymekaar kry nie.

Unie se derde span het 17-10 gewen.

Ander uitslae –

Pirates-grootuitdaagliga

Tweede spanne

Wits 15, Wanderers 12; Pukke 26, Randfontein 0; Raiders 31, Roodepoort 12; UJ 30, Pirates 6.

Derde spanne

Wanderers 40, Wits 0; Pukke 87, Randfontein 0; Raiders 21, Roodepoort 12; Pirates 25, UJ 24.

O.21-spanne

Wits 59, Wanderers 12; Pukke 41, Randfontein 14; Raiders 29, Roodepoort 12; UJ 7, Pirates 0.

O.20-spanne

Wits 43, Wanderers 6; Pukke 62, Randfontein 0; Roodepoort 51, Raiders 14; UJ 76, Pirates 0.


Diggers Rugby Club LogoSenior Grootuitdaagbeker

Eerste spanne

Diggers 106, UJ Soweto 0; Harlequins 27, Tsuma Stingers 25.

Tweede spanne

Diggers 29, UJ Soweto 5; Harlequins 36, Tsuma Stingers 5.

O.20-spanne

UJ Soweto 33, Diggers 10; Harlequins 64, Tsuma Stingers 0.

Presidentsliga

Eerste spanne

Southern Knights 38, Kagiso Stings 15.

O.20-spanne

Southern Knights 20, Kagiso Stings 17.


uj logoOpgesomde puntelere –

Eerste spanne

UJ 24, NWU Pukke 24, Raiders 23, Pirates 21, Wanderers 15, Wits 12, Polisie 11, Randfontein 10, Alberton 6, Roodepoort 2, Unie -3.

Senior Grootuitdaag

Eerste spanne

Germiston Simmer 15, Diggers 14, Harlequins 11, Tshuma Stingers 8, Khosa 6, UJ Soweto 1.

Presidentsliga

Eerste spanne

Southern Knights 14, Jabulani 10, Alexandra Wolves 6, Eldoronians 5, Kagiso Sting 0, Soweto 0.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.