GLRU-liga: Wits, Pirates sorg vir verrassings

logo-piratesDie Universiteit van die Witwatersrand en Pirates het Saterdag die tonge los gehad met verrassende seges in die Goue Leeus-rugbyunie (GLRU) se Pirates-grootuitdaagliga.

Die Witsies het Raiders 19-8 geklop en Pirates het die NWU Pukke, verlede jaar se naaswenner, 29-14 oorwin.

Met slegs 12 ligapunte wat nommer een en nommer ses op die punteleer skei, kan nog `n paar sulke verrassings vir `n interessante wending vorentoe sorg.

UJ, wat nog nie vanjaar geklop is nie, staan op 37, die NWU Pukke op 34, Raiders op 33, Pirates (die GLRU se Goue Bekerspan) op 29, Wits op 27 en Wanderers op 25.

In die ander wedstryde in die liga het die Universiteit van Johannesburg (UJ) 24-15 teen `n verbeterde Randfontein gewen; Wanderers het Alberton 78-15 oorrompel en Roodepoort het Unie 26-0 getroef.

Die Senior Grootuitdagkampioen, Diggers, het Midrand Stingers 37-13 geklop; en Germiston Simmer was 24-11 teen Khosa baas.

Die wenspanne was verlede jaar se finaliste in die tweedevlakreeks en keil mekaar vanjaar weer op. Die onoorwonne Diggers het 24 ligapunte en Simmer 20.

Wat die Presidentsliga betref, het Jabulani vir Soweto 61-7 geklop; Kagiso het 54-37 teen Eldoronians gewen; en Southern Knights het Alexandra 12-0 getroef.

Knights is dusver onoorwonne en het 23 punte op die punteleer. Jabulani is tweede met 20.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.