Die Universiteit van die Witwatersrand het die Goue Leeus se Goue Bekerspan, Pirates, Vrydag groot laat skrik in die bond se Pirates-grootuitdaagreeks.
Die span van Greenside het op die ou end die kragmeting met `n enkele punt, 28-27, gewen.
Roodepoort het Johannesburg Polisie 31-17 geklop; en Randfontein het 28-0 met Alberton afgereken.
In die reeks om die Senior Grootuitdaagbeker het die titelhouer, Diggers, vir Harlequins 31-5 geklop, en Khosa het UJ Soweto 36-14 onder gesit.
In die Presidentsliga het Knights 33-10 teen Eldoronians gewen; Jabulani 38-32 teen Alexandra; en Kagiso 46-10 teen Soweto.
Ander uitslae –
Pirates-grootuitdaagbeker
Tweede spanne
Randfontein 28, Alberton 0; Roodepoort 7, Polisie 7; Wits 29, Pirates 15.
Derde spanne
Randfontein 28, Alberton 0; Roodepoort 15, Polisie 8; Wits 14, Pirates 10.
O.21-spanne
Randfontein 28, Alberton 0; Roodepoort 55, Polisie 0; Wits 21, Pirates 7.
O.20-spanne
Randfontein 28, Alberton 0; Wits 29, Pirates 15.
Senior Grootuitdaagbeker
Tweede spanne
Diggers 3, Quins 9; Khosa 34, UJ Soweto 14.
O.20-spanne
Diggers 23, Quins 7; UJ Soweto 80, Khosa 0.
Presidentsliga
O.20-spanne
Alexandra 7, Jabulani 0; Kagiso 10, Soweto 0; Knights 33, Eldoronians 10.