GLRU-liga: Witsies laat Pirates groot skrik

wits-sportDie Universiteit van die Witwatersrand het die Goue Leeus se Goue Bekerspan, Pirates, Vrydag groot laat skrik in die bond se Pirates-grootuitdaagreeks.

Die span van Greenside het op die ou end die kragmeting met `n enkele punt, 28-27, gewen.

Roodepoort het Johannesburg Polisie 31-17 geklop; en Randfontein het 28-0 met Alberton afgereken.

In die reeks om die Senior Grootuitdaagbeker het die titelhouer, Diggers, vir Harlequins 31-5 geklop, en Khosa het UJ Soweto 36-14 onder gesit.

In die Presidentsliga het Knights 33-10 teen Eldoronians gewen; Jabulani 38-32 teen Alexandra; en Kagiso 46-10 teen Soweto.

Ander uitslae –

Pirates-grootuitdaagbeker

Tweede spanne

Randfontein 28, Alberton 0; Roodepoort 7, Polisie 7; Wits 29, Pirates 15.

Derde spanne

Randfontein 28, Alberton 0; Roodepoort 15, Polisie 8; Wits 14, Pirates 10.

O.21-spanne

Randfontein 28, Alberton 0; Roodepoort 55, Polisie 0; Wits 21, Pirates 7.

O.20-spanne

Randfontein 28, Alberton 0; Wits 29, Pirates 15.

Senior Grootuitdaagbeker

Tweede spanne

Diggers 3, Quins 9; Khosa 34, UJ Soweto 14.

O.20-spanne

Diggers 23, Quins 7; UJ Soweto 80, Khosa 0.

Presidentsliga

O.20-spanne

Alexandra 7, Jabulani 0; Kagiso 10, Soweto 0; Knights 33, Eldoronians 10.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.