GLRU: Polisie pak Raiders met flank op senter

JHB-Bobbies-logoJohannesburg Polisie het twee veranderings aangebring in die span wat teen Pirates verloor het vir sy eerste kragmeting in baie jare teen Raiders Saterdag in die Goue Leeus-rugbyunie (GLRU) se Pirates-grootuitdaagreeks.

Gerhard Swart, die klub se hoofafrigter, se die klub het `n mini-krisis met `n norring agterspelers wat beseer is.

“Louis Snyman is steeds op die krukkerlys en Carel Engelbrecht kry `n kans op losskakel, met Ralph Barnard wat terugskuif heelagter toe en JZ de Jager terug vleuel toe.

“Nico Johst is ook nie beskikbaar nie, en hier maak die Bobbies `n interressante skuif met die flank en onderkaptein Anthony Kapp wat senter sal speel. Armand Goosen is die nuwe flank.”

Swart sê benewens Snyman en Johst wat nie beskikbaar is nie, is die span ook sonder eerstespanspelers soos Ryno Brits (beseer), Kobus Visagie (beseer) and Jacques Rossouw (onbeskikbaar).

Hy sê Kapp het die laaste paar minute teen Pirates senter gespeel en hy het goed gevaar.

“Engelbrecht het van die derde span af deur die tweede boontoe gevorder en kry sy geleentheid teen Raiders.

“Goosen het ook in die meeste van die eerste span se wedstryde gespeel en die masjienkamer behoort nie te erg ontwrig te word nie.”

Swart sê hulle het baie uit die Pirates wedstryd geleer “en dis hoekom ons in hierdie liga speel – om te leer en aan te pas”.

Hy sê Polisie het `n goeie tweede helfte teen Pirates beleef en sal graag daarop wil voortbou en vorentoe gaan.

“Ons besef Raiders is `n harde neut om in die Bill Jardinestadion te kraak, maar ons sal voluit speel en werk daaraan om voortdurend te verbeter.”

Polisie teen Raiders –

Ralph Barnard, Zuku Mgijima, Anthony Kapp, Sipo Mohlahla, JZ de Jager; Carel Engelbrecht, Martin da Souza (kaptein), Jody Mostert, Armand Goosen, Charl Olivier, Eddie Booysen (onderkaptein), Kevin Breedt, Dwayne Korff, Stephen Erasmus, Sammy Makhubo.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.