Goeie skoot spoedvrate in Stormersgroep

Robbie Fleck - Stormersgroep bekend (nzrugby.co.za)

Robbie Fleck – Stormersgroep bekend (nzrugby.co.za)

Die Stormers het ’n groep van 45 spelers aangewys, wat verskeie bekende name en ook ’n goeie skoot jong talent insluit, wat sal probeer om die Superrugby-trofee ’n staanplek in die Moederstad te gee.

Die insluiting van verlede jaar se Wêreldsewesspeler van die jaar, Seabelo Senatla, tesame met ander spoedvrate soos Cheslin Kolbe en Dylan Leyds is hopelik ’n aanduiding dat die Kaapse span opwindende rugby gaan opdis.

Daar word hoë verwagtinge van die losskakel Robert du Preez in die Kaap gekoester. Hy het verlede seisoen ’n paar goeie vertonings gelewer maar bestendigheid kortgekom. Hopelik is hierdie die jaar wat hy die nommer tien-trui syne maak.

Verskeie aanwinste, soos Bjorn Basson, Dan Kriel (albei Bulls), SP Marais (Sharks) en die huursoldaat van die Pumas, Marnus Schoeman, is ook deur die afrigter Robbie Fleck in die groep ingesluit.

Dat die mededinging om plekke in die span fel gaan wees, is ’n gegewe. Op senter sal die Skotse toetsspeler Huw Jones en die Springbokke Damien de Allende en Juan de Jongh en die jong Dan du Plessis dit onder andere vir plekke uitspook.

Voorlangs sal ondersteuners opgewonde uitsien na die vennootskap op slot tussen Eben Etzebeth en Pieter-Steph du Toit, terwyl iemand soos die klipharde Rynhardt Elstadt ewe tuis op slot as aan die kant van die skrum is.

Stormersgroep (Alfabeties) –
1. Juarno Augustus, 2. Bjorn Basson, 3. Nizaam Carr, 4. Jaco Coetzee, 5. Kurt Coleman, 6. Damian de Allende, 7. Juan de Jongh, 8. Jan de Klerk, 9. Pieter-Steph du Toit, 10. Dan du Plessis, 11. Jean-Luc du Plessis, 12. Robert du Preez, 13. Dewaldt Duvenage, 14. Rynhardt Elstadt, 15. Eben Etzebeth, 16. Huw Jones, 17. Oli Kebble, 18. Cheslin Kolbe, 19. Siya Kolisi, 20. Dan Kriel, 21. Dillyn Leyds, 22. Wilco Louw, 23. Frans Malherbe, 24. Godlen Masimla, 25. SP Marais, 26. Bongi Mbonambi, 27. Dean Muir, 28. Khanyo Ngcukana, 29. Sikhumbuzo Notshe, 30. Caylib Oosthuizen, 31. Justin Phillips, 32. Ramone Samuels, 33. JD Schickerling, 34. Marnus Schoeman, 35. Seabelo Senatla, 36. Chad Solomon, 37. JC Janse van Rensberg, 38. Frans van Wyk, 39. Chris van Zyl, 40. Ali Vermaak, 41. Jano Vermaak, 42. EW Viljoen, 43. Cobus Wiese, 44. Damian Willemse, 45. Eduard Zandberg.

♦  Die Stormers se eerste wedstryd in die Superrugby-kompetisie is aanstaande Saterdag teen die Bulls op Nuweland.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.