Gooi SA uit Superrugby, eis Aussie-spelers

ʼn Eis dat Suid-Afrika uit die Superrugbyreeks gegooi moet word, gepaard met ʼn dreigement as dit nie gebeur nie, is Sondag deur die grootbaas van die Australiese Rugbyspelersvereniging (Rupa) tot Nieu-Seeland gerig.

Dit is vervat in ʼn artikel deur die hoof- uitvoerende beampte van Rupa, Ross Xenos, op die webwerf Stuff.co.nz.

Komende van ʼn land wat net een span in die kwarteindronde kon kry, en niks verder kon vorder nie, klink dit nogal na ʼn mondvol.

“… en,” dreig hy die Kiwi’s, “as julle nie van die gedagte hou nie, en julle wil nie ʼn Australasiese reeks hê nie? As Suid-Afrika meer vir julle as jul Tasman[see]-bure beteken? Dan, as dit bloot van die spelers se beskouing afhang, geniet dit om oor ons te vlieg, onderwyl ons ʼn tuisreeks bou wat met Engeland en Frankryk s’n kers vashou.”

Dit klink alte veel na ʼn kwessie van ʼn benoude kat wat benoude spronge maak, en moet gesien word in die lig van die dilemma wat spruit uit die vermindering van die Australiese Superrugbyfranchise’e, juis vanweë ʼn gebrek aan spelersdiepte.

Rupa haak vas by die werkgeleenthede vir beroepspelers wat verlore gaan, en wil nie erken dat Australië te min spelers van Superrugbygehalte het nie.

Die Australiese Rugbyunie (ARU) moet van óf die Western Force, óf die Melbourne Rebels ontslae raak, en eersgenoemde het hom reeds op sy bestaande kontrak beroep om sy plek in die reeks te beskerm.

Xenos sê ondersteuners vra elite-sportreekse met integriteit, wat betekenisvol en konsekwent is, en wat geredelik en maklik verteer kan word.

Hy glo ʼn reeks wat Australië, Nieu-Seeland, Japan en die Stille Oseaan-eilande omvat, voldoen aan al dié vereistes.

Xenos reken dat die SA Rugbyunie (Saru) met die Cheetahs en Kings se verwagte deelname aan die Pro12-reeks ʼn vlieër oplaat om met al sy spanne “ewigdurend” by die Europese reekse betrokke te raak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

Oswald ·

Suur druiwe,hulle rugby en krieket,is lankal nie meer,op.mededingende vlak,met die res van die suidelike halfrond se spanne nie.

Ansie ·

Ag asseblief…..Suid Afrikaners bly maar n dreigement vir julle. Julle klink maar n bietjie bang en verstote. Shame.

JT ·

Maak sin, maar egter gehoop dit gaan eerder oor SARU se rassistiese-agenda en voorkeure aan sekere etniese-groepe. Iets wat blatant hul eie grondwet, asook dié van Wêreld Rugby, verkrag.

Gerhard ·

Kan wees dat hulle net die bohaai vermy om dieselfde doel te behaal.

Mike ·

JT, Ek stem volkome met jou saam.Dit is oor die` rede dat ek die berig wou lees.Maar die wiel draai geduldig.Aan die anderkant,van hulle het hope talent!

Nico ·

Suur druiwe hulle speel nou so swak behoort nie eers in die volgende wereld beker nie

Nouja ·

Suur druiwe ten spyt. Die toekoms van SA rugby lê noord, nie oos.

Stephan Steyn ·

Dit klink vir my soos ‘n Australiese gebed, getooi in ‘n pragtige, heldergeel jas van dreigemente – soos ‘n bang bidsprinkaan wat homself groot maak om sy vrese te verberg….
Ai!

Johann Marx ·

Wil Afriforum en Solidariteit nie ook vir hulle ‘n geteem by een of ander Internasionale Beheerliggaam lanseer nie? As Australië net wou JA stem in 1990, sou hulle ook nog kon saam speel….al is dit met kwotas!!

Chris Ws ·

As die IRR in Dublin enigsins nog integriteit het sal hulle SA rugby wereld wyd skors omdat die anc inmeng dmv ras gedrewe kwotas op SARU af te dwing.Hulle het immers in die 80’s tevelde getrek teen SA rugby oor apartheid.

York ·

Sa rugby moet in sy geheel springbokke as n grap beskou word. Snert wat julle laat dink sa is die beste .., grooste ens ens asb raak groot

Kosie ·

Hulle kan se wat hulle wil maar as al die SA spanne onttrek is dit nie meer Super Rugby nie. Dis in elk geval net ‘n kwessie van tyd voor al ons spanne in Europese kompetisies speel.

NaD ·

EK stem 100% saam…ons moet uit die super reeks sowel as Wereld rugby. DIe kwota sisteem maak S.A rugby n sirkus!

Shark ·

Mixkidn moet die ou grootbek feite in die gesig staar en vir eers tjoepstil bly.
Rugby verloor aansien wêreldwyd, pawiljoene word al hoe leëer, Australië speel tzns van sy swakste rugby in dekades…en nou blameer hy ‘n ander land?!
Gaan kyk liewer in diepte na die reëls en die regverdige toepassing daarvan deur die VIER skeidsregters per wedstryd!
Hier lê die probleempies, ou vaatjie. Hou op om ander die skuld te gee…vee eers voor jou eie deur.

Therese van Schalkwyk ·

Hierdie “dreigement” kom as ‘n taamlike skok!

As dit enigsins waar is, moet Suid-Afrikaners tog maar ‘n tikkie empatie met die Aussie-spelers hê.

Nie die Western Force óf die Melbourne Rebels is juis in hulle skik om summier uit alle rugby geskop te word nie. Dié swaard hang die afgelope seisoen oor beide spanne se koppe a.g.v. die lomp hantering van die kwessie deur die ARU. Te sissie om ‘n besluit te neem.

Met geen ander rugby-kompetisie soos bv. die Curriebeker om op terug te val nie, is dit ‘n taamlik pynlike en finale oordeel wat oor die ongelukkige span gevel word. In Wes-Australië was die Force verantwoordelik vir rugbyontwikkeling en het puik werk gedoen. Jare se vordering verlore en dit om Japan en die Jaguares te akkommodeer?

Dis ‘n skande dat die Australiese rugbybase ingestem het tot hierdie dwase stap, en geldgierigheid seëvier weereens!

Jack Russl ·

As dit nie vir die verdraaide formaat was nie, het Aus nie eers een span onder die top 8 gehad nie. Daar is 3 SA spanne wat meer punte het as die top Aus span en 2 Aus spanne swakker as die swakste SA span. Plus dan is die laaste keer wat ‘n Aus span vir ‘n NZ span gewen het was op 27 Mei 2016 toe die Waratahs die Chiefs geklop het. Dis meer as ‘n jaar terug.

Maar ja, hulle wil teen Japan en die stille oseaan spanne speel. So op die einde moet die resultate hulle beter laat lyk opdat hulle vir SA met swakker spanne wil vervang

Asjas ·

Meskien wil hulle ons gladnie daar he nie … full stop! Het julle al gesien hoe lyk ‘n stadion as ons eers daar klaar gekuier het? Sal nie gaan Rugby of enigiets kyk tussen ‘n klomp besope mense wat reg langs jou sit “cheap” sigarette rook en dan hulle gemors net daar los nie.
Nie ons land of ons mense is meer iets om op trots te wees nie en dan word die sport ook nog opgefoeter, skop ons uit, ons verdien dit.

Johann ·

In my vorige kommentaar het ek gevra of dit waar kan wees? Ek is van mening die berig kan eenvoudig nie waar wees nie.

asseblief ja ·

Asseblief gooi ons uit. Ek is so dik vir die belaglike super rugby kompetisie dat ek nie eers meer kan onthou wanneer laas ek ‘n wedstryd gekyk het nie.
Asseblief doen ons ‘n guns!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.