Goue Beker: hier is al die puntemakers

Jacques Erasmus van QBR – voorste driedrukker. (Foto: Heinrich Shulze)

Hier is al die naweek se puntemakers in die SA Rugbyunie (Saru) se internasionale oopklubreeks om die Goue Beker, en die manne wat tot dusver die beste op die telbord gevaar het.

Lenience Tambwera van Old Georgians (Zimbabwe) is met 71 punte verreweg die voorste puntemaker in die reeks, terwyl min tussen die volgende groepie puntemakers te kies is.

Gavin Scott van College Rovers (KwaZulu-Natal) is tweede met 45 punte; dan volg Cecil Dumond van Rustenburg Impala (Luiperds) met 41; en Jacques Erasmus van Quins-Bobbies-rugby (Blou Bulle) en Jannie van der Merwe van Sasol Secunda (Pumas), wat albei 40 aangeteken het.

Adnaan Osman van Valsbaai (Westelike Provinsie) het tot dusver 37 punte behaal.

Scott was die naweek se voorste puntemaker. Sy 19 punte het uit ʼn drie en sewe doelskoppe bestaan.

Vier spelers het elk 16 punte opgestapel: Alroy Brandt (Tygerberg) en Andy Huysamen (Vereeniging) het elk twee drieë gedruk en met drie doelskoppe geslaag; Osman het ʼn drie gedruk en vier doelskoppe en ʼn strafdoel bygevoeg; en Morné Hugo (QBR) het vyf doelskoppe en twee strafdoele op die telbord geplaas.

Erasmus, die reeks se voorste driedrukker, en Itumeleng Mpete van Raiders (Goue Leeus) het Saterdag elk ʼn tweede driekuns behaal om hul getal drieë onderskeidelik tot agt en sewe op te skuif.

Hulle word gevolg deur Danie Roux van Valsbaai met vyf; en Jafnos Chiwanza van OG, Raymond Darries van Progress Uitenhage (Oostelike Provinsie) en Ben Sekgobela van Northam (Limpopo Blou Bulle) wat elk vier keer gedruk het.

Heinrich Schulze, ʼn beriggewer van Pale Toe!, wat die kragmeting tussen QBR en Raiders in Pretoria bygewoon het, laat weet Erasmus was weereens die ster in die tuisspan se agterlyn.

“Dié linkervleuel is ʼn gewese SA Akademie-sewesspeler en sy hoë werkverrigting is opvallend in elke wedstryd in vanjaar se GB-reeks. Hy duik dikwels op die regtervleuel op om die bewegings daar verder te voer. Hy is blitsig en verstommend sterk vir sy grootte, en ook met sy verdediging skort daar niks nie.”

QBR loop tans voor in Groep B. (Foto: Heinrich Shulze)

Schulze sê Raiders was vroeg in die wedstryd met 0-14 agter, en buiten in die middel van die tweede helfte, toe hulle op ‘n kol 19-29 agter was, het dit nooit gelyk of hulle ʼn bedreiging vir QBR was nie.

QBR het uiteindelik met 46-26 gewen.

Hy berig ook dat die Northam Rhinos se hoofafrigter, Flip de Kock, in die skare was, en video-opnames van dele van die wedstryd gemaak het.

“Hy sou nie uitermate bekommerd oor QBR se skrumwerk wees nie, maar sou beslis kennis geneem het van die vaart en vernuf van QBR se driekwarte, asook van die agterste driehoek.”

QBR en Northam speel aanstaande naweek in die laaste wedstryd in hul groep, en die wenner van daardie wedstryd sal eerste eindig en ʼn tuisveldvoordeel hê.

Saterdag se puntemakers –

Valsbaai 60 (34) – Drieë: Brent Stevens, Taps Tsomondo, Jody Reyneke (2), Ryan Olivier, Mohammed Damon, Danie Roux, Adnaan Osman, Roan Dalzell. Doelskoppe: Adnaan Osman (4), Karl Martin (2). Strafdoel: Adnaan Osman.

Western Suburbs 9 (9) – Strafdoele: Justin Nel (3).

Sishen 5 (0) – Drie: Marthinus Erasmus.

College Rovers 64 (47) – Drieë: Jandré Jacobs, Chris van Leeuwen, Liam O’Connell, Anton Verster, Richard Bamber, Grant Rattray (2), Mark Richards, Gavin Scott, Menzi Ngidi. Doelskoppe: Gavin Scott (7).

Sasol 30 (15) – Drieë: Mervin Gilbert, Izan Green, Fanie Booysen, Berty Visser. Doelskoppe: Juandré Kleynhans (2). Strafdoele: Juandré Kleynhans.

Bloemfontein Polisie 35 (14) – Drieë: Wickus Davis, Johnny van der Merwe (2), Roeche Roelofse, JP Steyn. Doelskoppe: Gerrit Smith (3), Johannes Barnard (2).

QBR 46 (26) – Drieë: Johan Pieterse, Ian van Deventer, Jan-Hendrik Bosman, Jacques Erasmus (3). Doelskoppe: Morné Hugo (5). Strafdoele: Morné Hugo (2).

Raiders 26 (5) – Drieë: Itumeleng Mpete (3), Steven Njemla. Doelskoppe: Chanwille October (2), Anele Magubane.

Vaal Reefs 27 (5) – Drieë: Pieter Labuschagne, Tshepo Thibedi, Danie von Wielligh, Aden Jones, Ansten Mokgokolo. Doelskop: Riandré Vermaak.

Old Georgians 42 (16) – Drieë: Keith Murray, Graham Kaulback, Jafnos Chiwanza (2), Scott Young. Doelskoppe: Lenience Tambwera (4). Strafdoele: Lenience Tambwera (2), Ngoni Chibuwe.

Tygerberg 43 (26) – Drieë: Keagan May, Gary Williams, Alroy Brandt (2), Daniel Roberts, Wilbre van Wyk, Dale van Schalkwyk. Doelskoppe: Alroy Brandt (3), Daniel Roberts.

Swallows 13 (0) – Drieë: Soso Matyoyi, Thobela Macwili. Strafdoel: Cameron Lentoor.

Progress George 30 (20) – Driee: Fizell Fredericks, Werner Jacobs (2), Lushiano James. Doelskoppe: Henry Wolhuter (2). Strafdoele: Henry Wolhuter (2).

Old Selbornians 27 (10) – Drieë: Dylan Pieterse, Duran Alberts, Joshua Bassingthwaighte, Qhama Hina. Doelskoppe: Andisa Gqobo, Liam McLoughlin. Strafdoel: Andisa Gqobo.

Welkom 17 (0) – Drieë: Kelvano King (2), Neill Fullagar. Doelskop: Kelvano King.

Vereeniging 26 (14) – Drieë: Ryno Hendrikz, Andy Huysamen (2), Hendrik Smith. Doelskoppe: Andy Huysamen (3).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.