Goue Beker-klubreeks se bepalings bekend

Die bepalings vir die SA Rugbyunie (Saru) se internasionale klubreeks om die Goue Beker (GB) is bekend, met nog vyf bonde wat hul deelnemers vir die reeks moet aanwys.

Die spanne wat Boland, die Oostelike Provinsie (OP), die Suidwestelike Distrikte (SWD), die Valke en die Westelike Provinsie (WP) sal verteenwoordig, moet nog aangewys word.

Die reeks skop op 9 September in Rustenburg af met ʼn wedstryd tussen die heersende kampioen, Rustenburg Impala (Luiperds), en Bloemfontein Polisie (Vrystaat).

Die ander provinsiale verteenwoordigers wat reeds uitgemaak is, is College Rovers (KZN), Northam Rhinos (Limpopo), Old Georgians (Zimbabwe), Old Selbornians (Grens), Quins-Bobbies-rugby (QBR) (Blou Bulle), Raiders (Goue Leeus), Sasol Secunda (Pumas), Sishen (Griekwas), Welkom (Griffons), Vaal Reefs (Luiperds) en Westelike Voorstede (Namibië).

Daar is ook twee promotorskeuse in die reeks, Swallows van Mdantsane (Grens) en Tygerberg (WP).

Raiders, Sasol Secunda, Swallows, Tygerberg, Welkom, Vaal Reefs en Westelike Voorstede het nie aan verlede jaar se reeks deelgeneem nie.

Pretoria Polisie, een van verlede jaar se kwarteinders, het intussen met Pretoria Harlequins saamgesmelt en neem vanjaar as QBR deel.

Spanne van verlede jaar wat dit tot dusver nie weer gehaal het nie, is Pirates (Goue Leeus), Witrivier (Pumas), Welkom Rovers (Griffons), Wanderers van Windhoek (Namibië).

Ander bepalings vir 9 September –

Welkom teen Sasol Secunda (Welkom); Vaal Reefs teen Northam (Orkney); Old Georgians teen Raiders (Harare); Swallows teen College Rovers (Oos-Londen); OP-verteenwoordiger teen Old Selbornians (Port Elizabeth); Tygerberg teen WP-verteenwoordiger (Kaapstad); Westelike Voorstede teen Boland-verteenwoordiger (Windhoek).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.