Goue Beker se laaste twee plekke gevul

goue bekerDie laaste twee plekke in die oop klubs se internasionale reeks om die Goue Beker is gevul met die afhandeling van die uitspeelrondes Saterdag in Centurion en op Orkney.

College Rovers (KwaZulu-Natal) het 40-37 teen Centurion (Blou Bulle) gewen, en Oos-Londen Polisie (Grens) 32-23 teen Vaal Reefs (Luiperds).

Dit beteken dat naas die Westelike Provinsie ook KwaZulu-Natal en Grens elk twee spanne in vanjaar se reeks het.

Met Rovers wat die vakature in Groep A vul en Polisie die een in Groep D, speel al vier polisiespanne in die reeks in dieselfde groep (D).

Die groepe en bepalings sien dan soos volg daaruit.

Die groepe –

Groep A

Durbanville-Belville (Westelike Provinsie), Worcester Villagers (Boland), Old Selbornians (Grens), Rovers van Welkom (Griffons), College Rovers (KZN).

Groep B

Rustenburg Impala (Luiperds), Pirates (Goue Leeus), Pacaltsdorp Evergreens (Suidwestelike Distrikte), Northam Rhinos (Limpopo Blou Bulle), Wanderers van Windhoek (Namibië).

Groep C

Valsbaai (WP), Durban Collegians (KwaZulu-Natal), Witrivier (Pumas), Brakpan (Vake), Old Georgians van Harare (Zimbabwe).

Groep D

Port Elizabeth Polisie (Oostelike Provinsie), Pretoria Polisie (Blou Bulle), Bloemfontein (Vrystaat), Sishen (Griekwas), Oos-Londen Polisie (Grens).

Die bepalings –

10 September

Villagers Worcester teen Welkom Rovers (Worcester); Durbell teen Old Selbornian (Durbanville); Pirates teen Wanderers (Johannesburg); Northam teen Rustenburg Impala (Northam); Valsbaai teen Durban Collegians (Kaapstad); Witrivier teen Old Georginas (Witrivier); Sishen teen Pretoria Polisie (Kathu); en PE Polisie teen Bloemfontein Polisie (Port Elizabeth).

17 September

Welkom Rovers teen Durbell (Welkom); College Rovers teen Villagers Worcester (Welkom); Evergreens teen Impala (George); Pirates teen Northam (Johannesburg); Durban Collegians teen Witrivier (Durban); Brakpan teen Valsbaai (Brakpan); Pretoria Polisie teen PE Polisie (Pretoria); Oos-Londen Polisie teen Sishen (Oos-Londen).

24 September

Old Selbornian teen Villagers Worcester (Oos-Londen); Welkom Rovers teen College Rovers (Welkom); Wanderers teen Northam (Windhoek); Evergreens teen Pirates (George); Old Georgians teen Valsbaai (Harare); Durban Collegians teen Brakpan (Durban); Bloemfontein Polisie teen Pretoria Polisie (Bloemfontein); PE Polisie teen OL Polisie (Port Elizabeth).

1 Oktober

College Rovers teen Old Selbornian (Durban); Villagers Worcester teen Durbell (Worcester); Northam teen Evergreens (Northam); Impala teen Wanderers (Rustenburg); Witrivier teen Brakpan (Witrivier); Old Georgians teen Durban Collegians (Harare); OL Polisie teen Bloemfontein Polisie (Oos-Londen); Sishen teen PE Polisie (Kathu).

8 Oktober

Durbell teen College Rovers (Durbanville); Old Selbornian teen Welkom Rovers (Oos-Londen); Impala teen Pirates (Rustenburg); Wanderers teen Evergreens (Windhoek); Brakpan teen Old Georgians (Brakpan); Valsbaai teen Witrivier (Kaapstad); Bloemfontein Polisie teen Sishen (Bloemfontein); Pretoria Polisie teen Oos-Londen Polisie (Pretoria).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.