Goue Leeus en Griekwas verander elk ses

Die Goue Leeus en Griekwas het elkeen ses veranderings aangebring in hul spanne vir Saterdag se Curriebekerkragmeting op Ellispark.

Die tuisspan is egter nog nie naasteny op volle sterkte nie, aangesien sy beste spelers in die hoofwedstryd die Superrugbyreeks se halfeind teen die Hurricanes uitspook.

Justin Ackermann (stut), Robert Kruger (flank), Dillon Smit (skrumskakel), Anthony Volmink (vleuel), Jacques Nel (senter) en Jaco van der Walt (heelagter) is deur die Lions nader gewink.

Eric Zana is Griekwas se nuwe heelagter, met AJ Coertzen (kaptein), wat regtervleuel speel; George Whitehead speel losskakel, Wendal Wehr flank, Pieter Janse van Vuuren slot, Ewald van der Westhuizen stut en Marius Fourie haker.

Die spanne –

Goue Leeus

15. Jaco van der Walt, 14. Madosh Tambwe, 13. Jacques Nel, 12. Jarryd Sage, 11. Anthony Volmink, 10. Shaun Reynolds, 9. Dillon Smit, 8. Ryan Kankowski (kaptein), 7. Robert Kruger, 6. James Venter, 5. Marvin Orie, 4. Rhyno Herbst, 3. Justin Ackermann, 2. Pieter Jansen, 1. Sti Sithole. Bank: 16. Mike Willemse, 17. Andrew Beerwinkel, 18. Bobby de Wee, 19. Hacjivah Dayimani, 20. Bradley Thorn, 21. Aphiwe Dyantyi, 22. Stokkies Hanekom.

Griekwas

15. Eric Zana, 14. AJ Coertzen (kaptein), 13. Tertius Kruger, 12. Clinton Swart, 11. Enver Brandt, 10. George Whitehead, 9. Christiaan Meyer, 8. Jonathan Janse van Rensburg, 7. Sias Koen, 6. Wendal Wehr, 5. Pieter Janse van Vuuren, 4. FP Pelser, 3. Ewald van der Westhuizen, 2. Marius Fourie, 1. Liam Hendricks. Bank: 16. AJ le Roux, 17. Devon Martinus, 18. Mzwanele Zito, 19. RJ Liebenberg, 20. Renier Botha, 21. Ederies Arendse, 22. Johnathan Francke.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.