Goue Leeus kies Bok op die bank teen Griekwas

Rohan Janse van Rensburg. Foto: GB Jordaan

Die kollig in die halfeindstryd tussen die Goue Leeus-vyftiental en die Griekwas Sondag in Mdantsane sal ook skerp op die vertoning van ʼn Springbok-senter van die Johannesburgse bank af val.

Rohan Janse van Rensburg maak sy terugkeer nadat hy in April teen die Stormers beseer is, en ʼn knieoperasie moes ondergaan.

Hy is in daardie stadium as ʼn gewisse keuse vir die Bokspan teen die Franse beskou, en sy vordering sal met die oog op die Rugbykampioenskap fyn dopgehou word.

Dit was dusver ʼn traumatiese jaar vir Janse van Rensburg deurdat sy ma boonop in Maart oorlede is, en hy in Mei die slagoffer van ʼn gewapende roof was.

Die Lions-haker Robbie Coetzee is ook in die span ná ʼn skorsing van vyf weke.

Jano Venter, die agsteman, voer die span aan.

♦ Intussen het die Pumas aangekondig dat die Leeus se bankstut Pieter Scholtz sy tentpenne vir die Curriebekerseisoen Nelspruit toe verskuif.

Die span –

15. Jaco van der Walt, 14. Madosh Tambwe, 13. Jan-Louis la Grange, 12. Jarryd Sage, 11. Anthony Volmink, 10. Shaun Reynolds, 9. Dillon Smit, 8. Jano Venter (kaptein), 7. Fabian Booysen, 6. James venter, 5. Marvin Orie, 4. Bobby de Wee, 3. Justin Ackerman, 2. Robbie Coetzee, 1. Sti Sithole. Bank: 16. Pieter Jansen, 17. Pieter Scholtz, 18. Rhyno Herbst, 19. Hacjivah Dayimani, 20. Marco Jansen van Vuren, 21. Rohan Janse van Rensburg, 22. Ashlon Davids.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.