Goue Leeus kies sterk span teen Bulle

Dylan Smith – weer reg. (Foto: GB Jordaan)

Die Goue Leeus het dalk hul sterkste Curriebekerspan tot dusver vanjaar gekies vir die kragmeting teen die Blou Bulle Saterdag op Ellispark in Johannesburg, al is daar net een verandering in die opdrafspan.

Andries Ferreira vervang Rhyno Herbst op slot.

Die beste nuus vir die span is egter die terugkeer van die sterk loskopstut Dylan Smith na die bank.

Ná ʼn baie goeie buiging in die Superrugbyreeks was hy byna ses maande lank buite aksie vanweë ʼn skouerbesering. Hy is geopereer, maar is met sy terugkeer weer beseer.

Nou hou die Leeukamp duim vas sy herstel is blywend.

Shaun Reynolds, die voorste puntemaker in die Supersportreeks vroeër vanjaar, is op die bank in die plek van die Blitsbok Branco du Preez.

Laasgenoemde is terug by die nasionale sewesspan.

Die span –

15. Jaco van der Walt, 14. Sylvian Mahuza, 13. Rohan Janse van Rensburg, 12. Harold Vorster, 11. Anthony Volmink, 10. Ashlon Davids, 9. Marco Jansen van Vuren, 8. Ryan Kankowski, 7. Cyle Brink, 6. Kwagga Smith, 5. Marvin Orie, 4. Andries Ferreira, 3. Jacobie Adriaanse, 2. Robbie Coetzee, 1. Jacques van Rooyen (kaptein). Bank: 16. Pieter Jansen, 17. Dylan Smith, 18. Johannes Jonker, 19. Robert Kruger, 20. Fabian Booysen, 21. Shaun Reynolds, 22. Aphiwe Dyantyi.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Josua Keys ·

Hoop julle gaan goed vaar, ons het n goeie wen nodig, dit is tyd dat jul normale spel terugkeur in jul wedstryd. Allister is weer besig om Jantjies se spel op te dons en Saterdag was n uitstekende voorbeeld daarvan. Ek sê steeds dat die leeus Unie en Swys meer moes gedoen het om vir Akker VD Merwe te behou het asook Tecklenberg wat tans oorsee speel. Akker bly in my oë steeds onder die top twee beste hakers in Suid Afrika en moes lankal die groen en goue trui oor sy kop getrek het. Nog elke keer as Akkers op die veld gekom het het die voorspelers ‘n ekstra “Boost” gekry, hy en Kwagga speel presies dieselfde Rugby en die leeus gaan nog jammer wees ons het hom verloor. Ek hoop net Swys de Bruyn gaan nie oogklappe gebruik teenoor Dyllan Smit nie, bestuur hom reg want hy is Ross se opvolger gee nie om wie wat sê nie maar kry eenvoudig net te min kans om sy stemper af te dwing ondervinding op die manier word hom ontneem, hy speel slim rugby en kan enige plek in die agterlyn inskakel en hy het spoed ook so Swys gebruik die ou asb meer as hy nie beseer is nie.

Jack Russl ·

Tecklenburg het nie oorsee gaan speel nie, maar afgetree om op hulle familie plaas te gaan werk.

Op die stadium is Dillon Smit nog beseer. Hy het sy enkel gebreek teen die Sharks en is geopereer op die 18de Augustus. So die vroegste wat hy kan speel is eers in Oktober.

Ek is nie ‘n groot ondersteuner van Ross nie. Hy en Jantjies ken mekaar en speel goed saam, maar nie seker of hy so goed sal wees saam met ‘n ander losskakel nie. Ek sal eerder vir Marco Jansen van Vuuren hou. Sal in die SR Ross laat begin agv sy ondervinding en dan roteer met Marco en Dillon as plaasvervanger. Een of twee wedstryde vir Ross ook laat uitsit en die jonges kans gee

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.