Goue Leeus sonder Bokvleuel, slot wat in Japan gaan speel

Ruan Combrinck – op pad Japan toe tydens die Curriebekerseisoen (Foto: GB Jordaan)

Die Goue Leeus sal sonder hulle Springbokvleuel Ruan Combrink en ook hulle slot Lourens Erasmus in die komende Curriebekerreeks moet klaarkom.

Die GLRU het Vrydag bekend gemaak dat die twee spelers na afloop van die Superseisoen klubrugby in Japan gaan speel.

Hulle sal aanstaande jaar op 1 Februarie weer by die Lions inval om voor te brei vir aanstaande jaar se Superreeks, waarvan die formaat en dus ook die bepalings nog nie beskikbaar is nie.

Benewens die twee gereelde spelers van die Lions sal die Curriebekerspan ook natuurlik sonder ʼn hele paar van die huidige spelers moet klaarkom wat tans deel van die Springbokgroep uitmaak.

♦  Die vertrek van die twee spelers na Japan is nie vir die Leeus/Lions net slegte nuus nie. Terwyl hulle hul inkomste uiteraard met die Japanse kontrak aanvul, haal dit betalingsdruk van die Lions Rugbymaatskappy af omdat die spelers nou nie so maklik permanent sal landuit om meer te verdien nie.

“Ons sien hierdie as ʼn geleentheid wat wedersyds voordelig vir ons en die spelers is omdat ons daardeur hulle dienste langer sal hê,” het Rudolf Straeuli, uitvoerende hoof van die Lions Rugbymaatskappy, oor die twee spelers se vertrek gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.