Goue Leeus trek hul Springbokke nader

Ross Cronjé (met die bal) – summier nader getrek. (Foto: GB Jordaan)

Die Goue Leeus het vier van hul Springbokke summier nader getrek vir Saterdag se deurslaggewende Curriebekerbotsing teen die Vrystaatse Cheetahs op Ellispark.

Die tuisspan het ʼn nuwe skakelpaar in die Bok-skrumskakel Ross Cronjé en Jaco van der Walt, wat van heelagter af losskakel toe skuif om vir nog ʼn Bok, Andries Coetzee, plek te maak.

Marco Jansen van Vuren en Ashlon Davids sit vir eers op die bank.

Courtnall Skosan is die nuwe linkervleuel, en die maanhaar van Nuweland, Malcolm Marx, begin die wedstryd op die bank.

Wat die res betref, is Robbie Coetzee (haker) en Jacobie Adriaanse (vaskop) terug in die voorry en Cyle Brink aan die kant van die skrum.

Die span –

15. Andries Coetzee, 14. Aphiwe Dyanti, 13. Rohan Janse van Rensburg, 12. Harold Vorster, 11. Courtnall Skosan, 10. Jaco van der Walt. 9. Ross Cronjé, 8. Kwagga Smith, 7. Cyle Brink, 6. Len Massyn, 5. Marvin Orie, 4. Andries Ferreira, 3. Jacobie Adriaanse, 2. Robbie Coetzee, 1. Jacques van Rooyen. Bank: 16. Malcolm Marx, 17. Dylan Smith, 18. Rhyno Herbst, 19. Robert Kruger/Hacjivah Dayimani, 20. Marco Jansen van Vuren, 21. Ashlon Davids, Sylvian Mahuza.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.