Goue Leeus vang geil in WP – en Bulls-kaptein

Marvin Orie - word `n Goue Leeu. (Foto: sarugby.co.za)

Marvin Orie – word `n Goue Leeu. (Foto: sarugby.co.za)

Die Goue Leeus se aanwinste vir die komende seisoen sluit etlike spelers uit die Westelike Provinsie en `n gewese Bulls-kaptein in.

Rudolf Straeuli, die Lions se hoof- uitvoerende beampte, het insgelyks Maandag in Johannesburg bekend gemaak dat sewe senior spelers die groep verlaat.

Senior spelers van ander bonde wat Goudstad toe verhuis, is Marvin Orie (slot van die Bulls, wat die span al in n oefenwedstryd aangevoer het), Sti Sithole (WP-stut, wat vanjaar Superrugby vir die Kings gespeel het) en Johannes Jonker (`n stut van Grens).

Uit eie klubgeledere word die span deur die vleuels Aphiwe Diyantyi (Universiteit van Johannesburg) en Dean Gordon (Raiders) aangevul.

Vier o.21-spelers uit die WP trek Gauteng toe: Ruan Brits (haker), Nyasha Tarusenga (flank), Cyprian Nkomo (senter) en Jaco Willemse (slot).

Die Leeus het ook die diens van Bheki Shongwe, `n stut van die Luiperds, bekom.

Dit is reeds geruime tyd bekend dat die Springbok-losskakel Marnitz Boshoff, by die Pro12-kampioen, die Ierse provinsie Connacht aansluit.

Ander senior spelers wat vrygestel word, is Martin Muller, MB Lusaseni (albei slotte), JW Bell (veelsydige agterspeler), Steph de Wit, Ruaan Lerm en Ramone Samuels (almal losvoorspelers). Samuels het ook vir die Lions gehaak.

Lerm sluit glo by die Pumas aan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Snuffels ·

Ongelukkig is meeste van die “kope” agv van die politiek, Akkers hulle is onder baie druk om hulle kwotas te vermeder

Loslip ·

Die Cheetahs het hulle ook so verneder dat hul probleme algaande vermeder.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.