Goue Leeus wen Cravenweek-hoofwedstryd, Bulle die Akademieweek

Die Goue Leeus – wenners in die hoofwedstryd van die Cravenweek (Foto: Sydney Seshibedi/Gallo Images)

Die Goue Leeus het Saterdag op hul “tuisveld” by St Stithians die hoofwedstryd in die Cravenweek teen die Sharks met 45-18 gewen en daarmee die Westelike Provinsie van ʼn driekuns-sege in hoofwedstryde weerhou.

Sout is in die WP-wonde gevryf toe hulle boonop met 33-54 deur die Vrystaat geklop is – en in die hoofwedstryd van die Akademieweek het die Blou Bulle óók met die WP afgereken –49-37 om ook dáár die wenner van verlede jaar se hoofwedstryd in sy segereeks te halt.

Hierdie twee spanne het die Akademieweek se hoofwedstryd die laaste drie jaar om die beurt gewen.

♦  In die Cravenweek-hoofwedstryd was die rustydtelling net 18-11 voordat die Sharks dit kort ná die hervatting 18-elk gemaak het.

Maar toe het die Goue Leeus in die tweede helfte vlam gevat en 27 punte met drie doele en twee strafdoele bygevoeg om met 45-18 te wen.

♦  Die Blou Bulle het die Akademieweek onoorwonne afgesluit en ná ʼn taai eerste helfte hul voet in die deur gekry om die gelykopstryd beklink.

Die Vrystaat, wat moontlik ongelukkig was om nie in die hoofwedstryd te speel nie, het weer met hul hardlooprugby indruk gemaak en die WP met sewe drieë teen vyf getroef, met Christopher Schreuder wat met 19 skoppunte die groot verskil tussen die spanne in die hardloopfees gemaak het.

Saterdag se uitslae

Cravenweek
OP-platteland 70-0 Grens-platteland
Limpopo Blou Bulle 34-57 Griekwas
Namibië 45-21 Zimbabwe
Valke 43-41 Griekwas-platteland
OP 29-26 Luiperds
SWD 49-36 Pumas
Boland 12-42 Griffons
Grens 40-45 Blou Bulle
Vrystaat 54-33 WP
Sharks 18-45 Goue Leeus

Akademieweek
Grens-platteland 30-59 Griekwas-platteland
Pumas 21-27 OP-platteland
Zimbabwe 24-27 Namibië
Sharks-platteland 26-26 Griffons-platteland
Boland 19-26 Goue Leeus
SA LSOB 10-22 Griekwas
Pumas-platteland 36-40 Valke
Sharks 29-38 Vrystaat
OP 34-35 Luiperds
Limpopo Blou Bulle 31-38 Valke-platteland
Grens 34-27 Griffons
Blou Bulle 49-37 WP
SWD 14-45 Goue Leeus XV

 

 

 

 

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Kosie ·

Die Vrystaat was waarskynlik die beste span by die Cravenweek.

Charles ·

Weet nie wie betaal die mense wat die wedstryd-bepalings doen nie? TVL kon nie WP wen nie, maar speel in finaal. WP verloor teen VS wat, saam met Griekwas die enigste onoorwonne spanne was. Die twee sentrale unies sit maar weer al die ander unies (en “besluitnemers”) ore aan!

Rugby Pa ·

Die Blou Bulle het uiters swak gevaar by die Craven Week. Die BBRU beter baie gou wakker skrik. Dr Hare, wat gaan by die unie aan?

Nico K ·

Ek het self gewonder hoe bepaal hulle die wedstryde. Ek kon geen logika sien nie. Keur dan maar liewer die spanne vooraf en speel op ‘n manier ‘n soortvan uitspeelwedstryde. Ons weet dit is nie regtig ‘n kompetisie toernooi nie, maar daar word elke jaar groot daarvan gemaak oor wie die “hoof” wedstryd gewen het.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.