Grens klop Boland net-net

Border_Bulldogs_logoDie Grens het Vrydagaand verbete vasgeklou aan sy voorsprong en die Regent Boland Kavaliers 21-19 geklop in ‘n spanningsvolle Absa Eerste Liga Curriebekerwedstryd in die Buffalo City stadion in Oos-Londen.

In die nat, koue toestande het die Grens sy tweede sege vir die seisoen behaal.

Op die ou einde was dit slegs ‘n doelskop wat die verskil was tussen wen en verloor, met Boland se Eric Zana wat vroeër twee belangrike doelskoppe gemis het.

Die rustydtelling was 13-9 in die guns van die tuisspan.

Die Grens het twee drieë aangeteken, deur Gareth Crause en Juan Pretorius.. Dale Sabbagh se skopvoet was in die kol en hy het drie strafskoppe en een doelskop oorgeskop..

Vir Boland het Phillipus van Zyl en Franzel September gaan druk, terwyl Eric Zana drie strafskoppe oorgeskop het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.