Grey Kollege begin die jaar goed

Grey Kollege het 2019 ook sterk op die rugbyveld begin. Foto: Marnus van Wyk/ Grey Kollege

Dit is nog weliswaar vroeg in die skolerugby-seisoen, maar sommige webblaaie het reeds hul ranglyste bekend gestel.

Die webblad, www.sasportscores.co.za, het hul top‑20‑rugbyskole vir die eerste paar wedstryde van die 2019-seisoen bekend gemaak.

Grey Kollege – verlede jaar se voorste skool – swaai volgens hulle weer die septer in die eerste gedeelte van die nuwe jaar. Paarl Gimnasium, Paul Roos Gimnasium, Affies en Paarl Boys’ High is die ander skole in die topvyf.

Met verskeie Paastoernooie – waaronder dié by St John’s College en Kearsney College – het skole geleentheid om hul kleims op die ranglys af te steek; om nie eens van die daaropvolgende Virseker-reeks (onder “Transvaalse” skole in elk geval) te praat nie.

  • SA Sport Scores se eerste ranglys vir 2019:
  1. Grey Kollege
  2. Paarl Gimnasium
  3. Paul Roos Gimnasium
  4. Affies
  5. Paarl Boys’ High
  6. Helpmekaar
  7. Monument
  8. Garsfontein
  9. Outeniqua
  10. Grey High
  11. St Andrew’s College
  12. Stellenberg
  13. Oakdale Landbou
  14. HTS Drostdy
  15. EG Jansen
  16. Glenwood
  17. Welkom Gimnasium
  18. Rondebosch Boys’ High
  19. Boland Landbou
  20. Selborne College

Kyk hoe vergelyk die bogenoemde ranglys met die gesaghebbende School of Rugby se finale ranglys vir verlede jaar:

  1. Grey Kollege
  2. Paul Roos Gimnasium
  3. Glenwood
  4. Paarl Gimnasium
  5. Paarl Boys’ High
  6. Oakdale Landbou
  7. Garsfontein
  8. Monument
  9. Transvalia
  10. Selborne College
  11. Helpmekaar
  12. Affies
  13. Hilton College
  14. Menlopark
  15. HTS Drostdy
  16. Boland Landbou
  17. Jeppe Boys’ High
  18. Wynberg Boys’ High
  19. Welkom Gimnasium
  20. Diocesan College

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

LOL ·

Wat maak dit saak wie die beste is in die land? My pa is sterker as jou pa???

Auntie Grey ·

Net jammer hulle sit opgeskeep met ń bestuursliggaam wat skynbaar eie belange bo stel. Sterkte aan die skoolhoof vir dit wat hy moet deurgaan. Jammer daar moet dikwels die afgelope tyd, om verkeerde redes, van die (eens?) spogskool in media gelees word. Hopelik is die beriggie ń hupstoot vir hulle.

Rupert Ashford ·

Ag toemaar Antie. Ek hoor daar is net twee soorte opinies oor Grey. Die wat daar is/was, en die wat daar wil wees of daar wou wees.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.