‘Grey Kollege is voorste rugbyskool’

Grey Kollege is die voorste rugbyskool in Suid-Afrika. Foto: Facebook.

Grey Kollege se eerste rugbyspan het die 2019-seisoen onoorwonne ná 15 wedstryd afgesluit, toe hulle die afgelope naweek vir Paul Roos Gimnasium met 51-28 ore aangesit het.

Die Bloemfonteinse skool, wat vir 17 Vrystaatse Cravenweekspelers gesorg het, het gedurende die seisoen 782 punte aangeteken en slegs 295 afgestaan.

Verskeie skoolrugbywebblaaie, waaronder die gesaghebbende School of Rugby- én Rugby365-webblad het Grey as die beste rugbyskool vir 2019 aangewys.

Hoërskool Menlopark het ook ’n paar indrukwekkende ranglysspronge gemaak nadat hulle vir die eerste keer in die skool se geskiedenis as die Virsekerbeker-kampioenspan aangewys is, toe hulle die afgelope naweek vir Helpmekaar Kollege met 44-17 in die eindstryd op Hoërskool Marais Viljoen se terrein op Alberton geklop het.

  • Hier is die tien top-skole

School of Rugby (internasionale wedstryde is nie by die statistieke ingereken nie):

  1. Grey Kollege: 15 wedstryde gespeel, 15 gewen; 782 punte aangeteken en 295 punte afgestaan
  2. Paarl Gimnasium: 15 gespeel, 14 gewen; 624 punte aangeteken en 262 punte afgestaan
  3. Paarl Boys’ High: 14 gespeel, 11 gewen en een gelykop; 547 punte aangeteken en 223 afgestaan
  4. Garsfontein: 15 gespeel, 12 gewen; 717 punte aangeteken en 441 afgestaan.
  5. Monument: 16 gespeel, 11 gewen, 647 punte aangeteken en 435 afgestaan.
  6. Paul Roos Gimnasium: agt gespeel, vyf gewen; 215 punte aangeteken en 188 afgestaan.
  7. Selborne College: 17 gespeel, 14 gewen, een gelykop; 627 punte aangeteken en 266 afgestaan.
  8. Framesby: 20 gespeel, 17 gewen, een gelykop; 823 punte aangeteken en 317 afgestaan.
  9. St Andrew’s College: 16 gespeel, 13 gewen; 591 punte aangeteken en 207 afgestaan.
  10. Grey High School: 14 gespeel, nege gewen; 546 punte aangeteken en 266 afgestaan.

(Menlopark in die 15de plek)

Rugby365:

  1. Grey Kollege
  2. Paarl Gimnasium
  3. Paarl Boys’ High
  4. Menlopark
  5. Paul Roos Gimnasium
  6. Framesby
  7. Stellenberg
  8. Grey High School
  9. Helpmekaar Kollege
  10. Garsfontein

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Extremely Boring ·

Koop die beste skolespelers in die land en dan moet jy mos die beste span wees, anders is iets fout.

Dr. Rugby ·

Statistiek wys dat slegs 1% van Grey se Cravenweekspelers eendag Bokke sal word. Juis omdat skole-afrigters verplig voel om sekere bloedjies te kies. Dit gebeur by die Bokke ook. Magnate finansier skoolseuns en dan voel SARugby verplig om hulle te kies.

Hanno ·

Skolesport (nie net rugby nie) is n interessante verskynsel. Almal raak mal daaroor en neem vir n vale deel. En dan skielik na skool los amper almal sport. So waarom soveel tyd en geld op iets spandeer as jy dit net vir n paar jaar gaan doen? Watse nut dien skoolsport? Ja ja, dit leer jou seker iets van spanwerk (ook net spansporte). Maar wat help dit jy is vir n paar jaar van jou lewe fiks en daarna los jy alles en word onfiks?

Lou ·

Hopeloos te veel geld en hulpbronne word aan skole sport (veral rugby) spandeer.
Skole se hoofdoel is om kinders akademies te ontwikkel maar in baie skole word sport verafgod omdat die hoof en afrigters se goeie naam op die spel is as die skool verloor op die sportveld.
Laat die kinders wat regtig goed is by klubs aansluit waar hulle deur professionele afrigters afgerig en geleer word en nie deur die Engelse of Geskiedenis meneer wat nooit self sy rugby drome verwesentlik het nie.
Toeskouers getalle by Provinsiale rugby wedstryde het so drasties afgeneem dat dit lyk of rugby se “hayday” dae getel is.

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.